AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Brandstofpryse, voedselinflasie plaas boere se wins onder druk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die pryse van produkte soos uie kan soms skerp verskil van straatverkoper tot supermark. Foto: Argief
Die pryse van produkte soos uie kan soms skerp verskil van straatverkoper tot supermark. Foto: Argief
Voedselinflasie het 6,2% bereik in die tweede helfte van Januarie, met brandstofpryse wat die vernaamste dryfkrag vir hoër koste sal wees.

Met verbruikers wat al hoe meer noustrop trek weens rekordhoë brandstofpryse en stygende voedselinflasie, sal hulle twee keer oor die inkopies in hul winkeltrollie begin dink.

“Dit is onvermydelik dat die brandstofprysskok en die hoër lewenskoste die vraag by verbruikers in die komende maande sal onderdruk,” sê mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou.

“Die afname in vraag sal boere en kleinhandelaars dwing om pryse te verminder om verbruikers te lok. Gevolglik kan voedselinflasie verminder, maar eers op langer termyn.”

Maree waarsku dat ontwikkelinge in Sentraal-Europa ’n groot impak kan hê op die internasionale pryse van koring en mielies aangesien Rusland en Oekraïne groot graanuitvoerlande is. Dit sal plaaslike pryse onder druk plaas.

Die verwagting is dat die verbruikersprysindeks (VPI) en voedselinflasie op kort termyn kan aanhou styg. Voedselinflasie het 6,2% bereik in die tweede helfte van Januarie, met brandstofpryse wat die vernaamste dryfkrag vir hoër koste sal wees.Een van die groot kwessies is volgens hom dat 80% van Suid-Afrika se graan eerder padlangs as met spoorvrag vervoer word.

“Die afstand tussen produksie, verwerking en verspreiding is massief. Onverwerkte mielies word vervoer na die meule in Gauteng en dan word die verwerkte mieliemeel weer terugvervoer na die landelike areas.”

Hy sê die produksie, verwerking en verbruik is dus nie goed verbind met mekaar nie, wat die koste vir verbruikers verhoog.

Beperkings

Aangesien Suid-Afrika self genoeg voedsel produseer, is dit moeilik om te begryp waarom voedselinflasie hoog bly. Volgens Maree is daar ’n goeie oes op die land. Hy verwag matiger stapelvoedselpryse wanneer oesdruk teen einde April begin en tot Julie voortduur.

Ander faktore wat tot voedselinflasie bydra, is die onstabiele wisselkoers en die hoër internasionale pryse vir graan en plantolies, veral palmolie. Die tekort aan vragskiphouers kan ’n verdere impak op pryse hê.

Suid-Afrika se sukkelende pad-, trein- en hawe-infrastruktuur het volgens hom ’n ongunstige impak op produksie- en verspreidingskoste. Oormatige somerreën het ook ’n ongunstige impak op die beskikbaarheid van groente gehad.

Maree verwag verdere prysstygings op kort termyn. Die inflasiekoers kan selfs op kort termyn buite die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teikenband van 3% tot 6% beweeg, maar dit sal dan as gevolg van die basiseffek stabiliseer.

Vleisprysregstelling

Mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB, sê boere hou hul diere langer in die veld ná twee jaar se goeie reën en hoë voerpryse.

Boere herbou hul kuddes en word bevoordeel deur goeie vleispryse. Boere sal egter nie hul diere altyd in die veld kan hou nie. “Veeboere se bedryf is om vleis te kweek en te oes sodra diere volgroeid is. Dit sal ’n matigende impak op pryse hê. Ons kom tans van ’n hoë basisprys en dit is onwaarskynlik dat pryse verby die huidige vlakke sal styg.”

Pryse vir bees-, skaap- en lamsvleis het die afgelope jaar toegeneem, met die prys van varkvleis wat onder druk was. Al het die prys van hoendervleis weens die invoertarief op goedkoper, ingevoerde vleis toegeneem, is hoendervleis is tans die goedkoopste vleisopsie.

Groente en vrugte

Groentepryse het hoofsaaklik toegeneem weens oormatige reën en vloede in sommige dele van die land. Volgens Makube kon boere nie vinnig genoeg in die lande kom om te oes nie en dit het gelei tot aansienlike prystoenames en wisselvalligheid.

Die VPI vir groente was verlede jaar gemiddeld 4%, maar was in Januarie vanjaar 8,6%.Pampoene was in Januarie 30% duurder as verlede jaar, tamaties 24% en kool 18%. Prystoenames vir uie, aartappels, blaarslaai en komkommers was van 5,2% tot 9,5% aan die begin van die jaar. Volgens Makube kan prysonstabiliteit voortduur.

Vrugtepryse het egter die afgelope jaar, veral die afgelope nege maande, afgeneem. Pynappelpryse het met 27% sedert Januarie verlede jaar gedaal. Appels is 26% goedkoper, terwyl lemoene, avokado’s en papajas onderskeidelik 21%, 15% en 7% goedkoper is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot