AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Brasilië-watertegnologie ook in SA

’n Waterpomp waarmee boere in Brasilië sonder die hulp van elektrisiteit water kan pomp, is ook aan plaaslike boere beskikbaar.

’n Waterpomp waarmee boere in Brasilië sonder die hulp van elektrisiteit water kan pomp, is aan plaaslike boere beskikbaar. Mnr. André Martin Pedro, ’n agent vir die ZM Bombas-waterpomp, sê dit word al die afgelope 50 jaar in Brasilië gebruik.


Pedro sê die pompe is die afgelope vyf jaar in Suid-Afrika beskikbaar, en in dié tyd is die pompe ook by die Nampo-Oesdag op NampoPark vertoon. ZM Bombas het ’n samewerkingsooreenkoms met Papersmith and Son in Suid-Afrika aangegaan, en verskeie pompe is al plaaslik geïnstalleer.


Die rede 


Pedro sê boere in Brasilië, veral bespoeiingsboere, het ’n oplossing gesoek vir die hoë elektrisiteitskoste weens die pomp van water. Met sowat twee derdes van dié land se watergebruik wat in besproeiing gaan, was die elektrisiteitskoste baie hoog. Hy sê dié pomp kan ook ’n uitweg bied aan Suid-Afrikaanse boere wat met hoë elektrisiteitskostes sukkel.


Dié waterpomp is toe ontwerp. Dit pomp water met behulp van die drukking van die waterbron. ’n Deurskynende pyp aan die onderkant van die pomp word gebruik om water van die waterbron te onttrek deurdat dit onderstebo in die water geplaas word.


Die pomp het twee kante waarbinne drukking opgebou word. So kan water tot sowat 300 hoog in die lug gepomp word.


Werk vir 10 jaar


Volgens Pedro kan een van die pompe tot 10 jaar lank werk sonder om te breek. Na gelang van die grootte van die pomp kan dit tussen 4 000 liter tot 110 000 liter water per dag pomp.


’n Mediumgrootte pomp en die installering daarvan kos in Brasilië sowat $1 850 (ongeveer R8 000). Pedro sê die prys word vir die plaaslike mark aangepas. Wat onderhoud betref, hoef die pomp se olie een keer per jaar verander te word, terwyl die filters elke ses maande vervang hoef te word.


Die ZM Bombas-waterpomp sal weer op vanjaar se Nampo-Oesdag te sien wees.

 

11 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.44
-2.1%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.86
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
973.45
-5.0%
Palladium
1,623.16
-2.8%
Goud
1,865.13
-2.5%
Silwer
22.40
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot