AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Bring vir ons studente om te mentor’

Jong mense bring vernuwing en dit moet vir hulle makliker gemaak word om die landbou te betree, sê ’n boer.

Opkomende boere se gebrekkige kennis maak dit moeilik vir mentors om die regte leiding aan hulle te gee, meen mnr. Francis Visagie, Dorperboer van die plaas Nanibees naby Brandvlei. Hy het tydens die Megaboer-gesprekreeks by die Stellenbosse Woordfees gesê mense moet met kennis bemagtig word.

“Bring vir ons jong swart mans met ’n universiteitgraad in die landou of ’n landboukollege-diploma, dan is dit vir enige mentor maklik om hom vorentoe te vat en ’n volwaardige boer van hom te maak. Die handelsbanke, landboubesighede en kommersiële boere sal daarby baat. Dit is ’n wenresep en wie wil nou op ’n swak fondament bou?”

Hy sê baie opkomende boere het bykans geen kennis van die landbou nie. “Ek sê nie opkomende boere is dom nie, maar daar is ’n onreg aan hulle gedoen. Baie van hulle kan nie lees of skryf nie. Ek kry die mense bitter jammer. Die mentors kan nie met hulle werk nie, want hoe praat jy met ’n ou wat nie op ’n sekere vlak dink en redeneer nie? Niemand gaan op ’n vliegtuig klim as die man wat vlieg nie met kennis bemagtig is nie. Ons moet slim vennootskappe sluit om grondhervorming te laat slaag.”

Subsidies werk verstedeliking teen

Visagie meen ook landbousubsidies kan help om die landbou meer aantreklik vir jong mense en opkomende boere te maak en verstedelik te help teenwerk.

“Voorheen het landbousubsidies die hele platteland onderhou. Ons bly in ’n hoë risiko-area met lae reënnval. Dit beteken ons kan nie so vinnig ontwikkel soos wat ons wil nie, want ons moet gedurig reserwes terug hou vir droogtetye.”

Volgens hom skrik dit jong mense af en het die gemiddelde ouderdom van boere gevolglik toegeneem. “Ons moet ’n manier vind om dit vir jong manne makliker en beter te laat lyk om terug te kom. Jong mense bring vernuwing en hoe gaan ons by die moderne wêreld aanpas as daar nie vernuwing is nie?”

Hy sê die landbou het ook kleiner boere nodig. “In die omgewing waar ek bly is jou buurman jou oë en ore op die grond. As jy later alleen op ’n stuk wêreld sit, hoe gaan jy oorlewe? Die infrastruktuur – paaie en telefoonlyne – val inmekaar. Ek kry wel klein boere jammer, want hulle word vasgevang in ’n situasie waar hulle nie kan uitkom nie. Die inset- en lewenskoste het so gestyg dat daar later net te min oor is om mee uit te brei en die plaas in stand te hou, en as jy weer sien het jy ’n buurman verloor.”

Op ’n vraag uit die gehoor oor ’n gemeenskapsdiensjaar vir landboustudente soortgelyk aan dit wat mediese studente doen, het Visagie gesê: “Dis ongelooflik en ek dink alle boere is bereid om dit te doen. Solank jy iemand het wat darem al op ’n vlak is wat verstaan waarooor dinge gaan en daaroor kan redeneer.”

Lees binnekort in Landbouweekblad oor ’n projek deur die Noord-Kaapse regering om aan swart landboustudente ’n kans te gee om op hul eie grond te boer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.5%
Rand - Pond
19.13
+1.0%
Rand - Euro
17.31
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,627.70
-0.1%
Silwer
18.20
-1.1%
Palladium
2,080.34
+0.2%
Platinum
847.14
-0.8%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
56,618
-1.7%
Alle aandele
62,948
-1.7%
Hulpbronne 10
56,590
-0.7%
Industriële 25
77,608
-2.1%
Finansiële 15
13,966
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot