
Die hoofveearts van Brittanje het alle Britte wat voëls aanhou – of dit ’n braaihoenderfabriek of ’n paar hoenders in die agterplaas is – beveel om hul voëls ’n maand lank binnenshuis te hou om die land te beskerm teen die hoogs aansteeklike voëlgriepvirus H5N8, wat tans ’n chaos saai in Europa.
Dr. Nigel Gibbens het Britte gemaan om te keer dat hul voëls met wilde voëls in aanraking kom. Soortgelyke maatreëls is in Frankryk afgekondig nadat die siekte by pluimvee in die suide van die land en wilde-eende in die noorde gevind is.
Brittanje se departement vir omgewing, kos en landelike sake het monitering vir dié siekte opgeskerp, en Gibbens het gesê die 30 dae lange voorkomingsmaatreël sal dalk verleng moet word.
Bron:
The Guardian