Die Britse regering steun prospektering vir skaliegas na die hidrobreking metode vir sowat ‘n jaar verbied is.
Luidens ‘n berig op Engineering News is dié mynmetode tydelik verbied nadat dit aardbewings in Mei 2011 naby Blackpool veroorsaak het.
‘n Verslag wat deur kenners saamgestel is, het glo bevind dat die proses, waardeur water en chemikalieë ondergronds in skalierots ingepomp word om die gas vry te stel, veilig is. Strenger reëls vir die monitering van seismiese gebeure en boordery is wel voorgestel.
Die taakspan stel voor dat ‘n verkeerslig-beheersisteem gebruik moet word as seismiese gebeure ‘n punt van 0,5 of hoër op die Richterskaal bereik. Met so ‘n sisteem sal ‘n rooilig die seismiese aktiwiteite aandui, waarvolgens werksaamhede onmiddellik gestaak moet word. Die kenners meen ‘n vlak van 0,5 is laag genoeg om enige skade te voorkom.
Bron: Engineering News
19 April 2012