AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Broederlike bond’ kort op plase – Zokwana

Talle plaaswerkers was nie tevrede met die Regering se terugvoering op De Doorns, twee jaar ná die opstande, nie.

‘n Broederlike bond tussen boer en plaaswerker moet gesmee word om beter veiligheid te verseker, asook beter samewerking om die landbou te laat groei.

Hierdie boodskap het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, oorgedra toe hy en ander belanghebbendes van die Regering terugvoering aan plaaswerkers in De Doorns gegee het oor hulle vordering om dié werkers se lewens te verbeter.

Dít is die Regering se terugvoering nadat hy sekere beloftes aan plaaswerkers gemaak het om hulle lewensomstandighede te verbeter, nadat die werkers in 2012 onwettig betoog het oor onder meer hoër lone.

“Ons moet 'n manier vind om 'n broederlike bond tussen boere en plaaswerkers te skep . . . as jy menswaardigheid aan jou broer (plaaswerker) betoon, sal jy (boer) veilig wees en 'n proses bewerkstellig waar jou besigheid meer sal produseer. Maar as jy hulle sleg behandel, sal hulle net werk wanneer hulle jou sien.”

Zokwana het ook benadruk dat baie boere hul werkers goed behandel.

Ná die staking het plaaswerkers die Regering gevra om aandag aan te skenk aan uitermatige armoede, slegte werksomstandighede, werksuitbuiting en uitsettings.

Verlede jaar het die gemeenskap 'n daghospitaal geëis, nadat die krediet-doktersbrief aan plaaswerkers afgeskaf is.

Zokwana het gesê daar word met die leiers van die plaaswerkers gepraat om dié proses te versnel.

Talle van die plaaswerkers was nie tevrede met die terugvoering nie. Me. Lena Weyers, 'n plaaswerker, het gesê meer moet gedoen word om werkskepping in die gebied tot stand te bring.

“Die skole gee nie meer naaldwerk nie. Hier is ou mense wat die opleiding kan gee. Hier is nie eens ‘n bakkery op De Doorns nie.”

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het gesê daar word voortgegaan om huishoudelike profiele op te stel van die werkers in die gebied om hulle behoeftes te bepaal. Van die jong mense sal byvoorbeeld opgelei word hoe om huise te bou, het hy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.06
+0.2%
Rand - Euro
17.66
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,695.08
-1.0%
Silwer
20.08
-2.8%
Palladium
2,184.23
-3.4%
Platinum
915.84
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot