
Die tyd raak min om in te skryf vir Boer soek ’n Vrou. Boere wat op soek is na die liefde van hul lewe kan dalk die ideale maat vind deur aan dié televisie-reeks deel te neem.
Inskrywings sluit binnekort – maak seker jy stuur joune betyds! Hierdie jaar spog die reeks met ’n splinternuwe aanbieder: Die mooie Angelique Gerber wat haar by die reeks aangesluit het.
Jy kan jou inskryfvorm op die skakel hier onder aflaai en dit stuur na boer@waterfronttelevision.co.za, dit laat aflewer by Waterfront Television, Level P 3, Victoria Foundry-gebou, Prestwichstraat 74, Groenpunt, Kaapstad, of pos dit na Boer soek ’n Vrou 4, Posbus 1157, Groenpunt, Kaapstad 8051.
Vat die kans en wie weet – dalk ontmoet jy jou droomvrou!
9 Maart 2011