’n Deeltydse boer met ’n wildplaas buite Boshof in die Vrystaat is gister oorlede nadat een van sy buffels hom aangeval het.
Dr. Willie Cronjé, wat ’n mediese praktyk in Pretoria bedryf het, was saam met sy seun, Willem, op sy plaas Uitkyk toe die voorval plaasgevind het, berig Volksblad.
Die pa en seun was saam met ’n veearts besig om bloed van twee buffels te trek toe die buffel, wat in die boma wakker geword het, op Cronjé afgestorm het. Cronjé was in die boma en wou glo ’n hek sluit om te keer dat die dier in die verkeerde drukgang ingaan.
Volgens die bekende skrywer Blou Willem Theron, wat ’n familievriend is, was Cronjé ’n besonder passievolle boer gewees.
Cronjé word oorleef deur sy vrou, Liesl, ’n dogter, Elisma, en sy ouers, mnr. Willie en mev. Cora Cronjé van Carolina.
Bron: Volksblad
18 Januarie 2012