AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Bufferplakker by Nampo bekendgestel

Vrystaat Landbou het sy bufferplakkers bekendgestel om mense in te lig oor landbouers se rol om almal te voed.

Die verbetering van die beeld van die boer en die landbou is kwessies wat gereeld by braaivleisvure, rondom raadsaaltafels, by kongresse en in die media bespreek word. Dit is nie net ’n kwessie wat in Suid-Afrika aandag geniet nie, maar ook in lande soos Amerika al meer op die voorgrond kom. Verskeie pogings is die afgelope jaar op sosiale media aangepak om die beeld van die boer en wat boere doen ook in Amerika te verbeter en mense oor die algemeen in te lig.

Vrystaat Landbou (VL) het van die tendens kennis geneem en steun dit. Me. Alani Janeke, kommunikasiebeampte, sê hulle het besluit om ook hul eie inisiatief van stapel te stuur. "Ons het in opdrag van ons jaarlikse kongres ’n projek aangepak waarvolgens ons poog om die gewone Suid-Afrikaner in te lig oor wat landbouers daagliks doen en watter belangrike rol landbouers vervul om Suid-Afrikaners te voed.

"'n Kompetisie is aangebied in Vrystaat Landbou se sesmaandelikse tydskrif, Vrystaat Landbou Sê, waarvolgens vir inskrywings gevra is vir ’n bufferplakker wat agterop voertuie aangebring kan word. Celeste Scheepers, ’n grafiese ontwerper van The Junction, in Centurion wat op 'n plaas by Frankfort in die Vrystaat grootgeword het, het die kompetisie gewen en in samewerking met haar is ’n plakker ontwerp wat ons tydens Nampo-Oesdag aan ons lede en die publiek bekend stel.

"Die plakker fokus op 'die hart' van landbou en wat landbouers graag wil hê lede van die publiek moet sien en weet. Die plakker sal deurlopend herontwerp word in ’n poging om die boodskap wat ons na buite wil stuur en die juiste inligting wat gedeel moet word, te verfyn. Die eerste plakkers is ook in Engels en Sotho ontwerp, sodat ons die positiewe boodskap aan verskeie gehore kan oordra.

"Die belangrike rol van landbouers in die land en die positiewe rol wat hulle in landelike gemeenskappe vervul is kwessies wat meer gereeld op voorblaaie van koerante, in die sosiale media en op almal se lippe hoort. Vrystaat Landbouers, Trots om kos op jou tafel te sit!"

Byskrif: Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou, me. Celeste Scheepers, die wenner, en mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, met die plakkers.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
+0.3%
Rand - Pond
19.32
+0.1%
Rand - Euro
17.28
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,627.89
+0.3%
Silwer
18.36
+0.0%
Palladium
2,075.35
+1.6%
Platinum
852.61
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot