
Zambië se sojaboere is besig om waardevolle uitvoergeleenthede mis te loop weens burokratiese vertragings met die uitreik van uitvoerpermitte deur die land se interministeriële komitee vir voedselsekerheid.
Op ’n onlangse vergadering van oliesaadbelanghebbendes het uitvoerders gekla oor hoe lank dit duur om die nodige dokumente deur die komitee verwerk te kry. Ten spyte van rekordoeste in die afgelope produksiejaar het net klein volumes Zambiese sojabone buitelandse markte bereik.
Die Zambiese boere-unie (ZNFU) sê die land het genoeg voorraad om die uitvoer van 100 000 ton sojabone moontlik te maak. Die sojasektor verwag ook ’n surplus in die huidige produksiejaar omdat die goeie sojapryse meer klein- en mediumgrootte boere sal aanmoedig om meer soja aan te plant, sê die ZNFU.
Bron:
African Farming