AFGRI
BEAN
06 Okt
-
9027
0,00
CORN
06 Okt
-
4795
0,00
SOYA
06 Okt
-
9110
0,00
SUNS
06 Okt
-
10052
0,00
WEAT
06 Okt
-
7102
0,00
WMAZ
06 Okt
-
4871
0,00
YMAZ
06 Okt
-
4769
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

'Burokrasie sonder gelyke'

Die nuwe Wet op Immigrasie is uiteindelik deur die Parlement goedgekeur. Vir boere hou dié wet beslis nie goeie nuus in nie.

Mnr. Kobus Kleynhans van Agri SA sê die frustrasie en tweespalt wat die onderhandelinge oor die immigrasiewetsontwerp verskeie jare lank gekenmerk het, het tot op die laaste voortgeduur.

Dit is wel deur die parlement goedgekeur, maar kan nie in die praktyk werk nie. Gevolglik is daar onmiddellik begin werk aan 'n wysigingswetsontwerp om dit reg te skaaf, terwyl daar ook gekyk sal word oor hoe die wet meer prakties toepasbaar gemaak kan word deur regulasies.

Mnr. Kleynhans het gesê die benadering wat deurgaans tydens die onderhandelinge gevolg is, was dat werkgewers self sal besluit oor vreemdelingwerkers wat hulle nodig het, 'n opleidingsheffing aan die staat sal betaal en bewys sal lewer dat dié werkers onder dieselfde diensvoorwaardes as soortgelyke plaaslike werkers aangestel word.

Vlak voor die indiening van die wetsontwerp by die parlement het die ANC se koukus oor arbeidsake egter 'n drastiese verandering aan die wetsontwerp aangebring wat daarop neerkom dat 'n kwotastelsel vir vreemdelingwerkers ingestel word, dat die Departemente van Arbeid, Landbou, Handel en Nywerheid en Mineraal- en Energiesake almal 'n inspraak sal hê oor die grootte van die kwotas en die uitreiking van werkspermitte deur die Departement van Binnelandse Sake.

"Dit is burokrasie sonder gelyke," het mnr. Kleynhans gesê. Die opleidingsheffing is uit die finale dokument verwyder, maar die beheer oor diensvoorwaardes is behou, het hy bygevoeg.

Ná die direkteur-generaal van Handel en Nywerheid sterk beswaar gemaak het dat die kwotastelsel nie prakties toegepas sal kan word nie, is wysigings aangebring, maar sekere bepalings van die Grondwet het dit onmoontlik gemaak om sekere ander wysigings aan te bring weens 'n gebrek aan tyd.

"Die feitlik onmoontlike posisie is dus nou bereik dat 'n wet wat in die praktyk glad nie kan werk nie, deur die parlement goedgekeur is," het mnr. Kleynhans gesê.

Hy het gesê die slegte nuus vir boere is die feit dat die Departement van Arbeid 'n groot inspraak sal hê in die uitreiking van werkspermitte aan vreemdelingwerkers. "Die manier waarop die departement in die verlede hierdie bevoegdheid toegepas het, is rede tot ernstige kommer." Van die wysigings wat nou beoog word, is om moontlik die kwotastelsel te laat vaar en met 'n ander beheermaatreël te vervang. Wat dít sal wees, is nog nie seker nie.

Mnr. Kleynhans het gesê Agri SA, wat deel is van die immigrasietaakspan, hou die gebeure steeds fyn dop en sal alles moontlik in die stryd werp om die bepalings van die wet so prakties uitvoerbaar as moontlik vir boere te kry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
20.08
+0.3%
Rand - Euro
17.62
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,710.05
-0.4%
Silwer
20.40
-1.2%
Palladium
2,271.50
+0.6%
Platinum
921.00
-0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,506
+0.5%
Alle aandele
65,911
+0.5%
Hulpbronne 10
63,387
-0.5%
Industriële 25
80,145
+1.1%
Finansiële 15
14,013
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot