AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Byna R1 miljoen ingesamel vir droogtehulp

akkreditasie
’n Veiling van diere wat deur boere geskenk is wat self vroeër in nood was, het R200 000 ingebring. Foto: Retief Riekert
’n Veiling van diere wat deur boere geskenk is wat self vroeër in nood was, het R200 000 ingebring. Foto: Retief Riekert
Die droogte is steeds ’n aaklige werklikheid vir verskeie distrikte in die land, met sommige boere wat op hul knieë is en kleuters wat nog nooit reën gesien het nie.

Daarom sal hy steeds voortgaan om te help, sê mnr. Burre Burger, ’n sakeman van Vredendal wat sedert Maart 2017 reeds 909 vragte voer, mielies en ander droogtehulp tot in die verste uithoeke van die land afgelaai het.

Hy het sy dank uitgespreek teenoor die klein boeregemeenskap van Migdol in Noordwes wat hul harte en hande oopgemaak het en net minder as R1 miljoen met ’n droogtehulpfees ingesamel het. Migdol se droogtehulpfees by Suidwes Landbou se silo’s op dié dorp is ondanks gure weer deur meer as 1 200 mense bygewoon en daar is heerlik feesgevier soos net die platteland kan.

“Dis net soos Suid-Afrikaners is, ons sal ’n fees van enigiets maak, solank daar musiek en braaivleis is,” skerts Burger.

Mnr. Retief Riekert, ’n boer van Migdol en lid van die plaaslike boerevereniging, was die stille krag agter dié fees, wat ook gespog het met ’n veiling van diere wat deur boere geskenk is wat self vroeër in nood was. Die afslaers André Kock en Seuns het die veiling behartig wat R200 000 ingebring het.

Mnre. Burre Burger van Vredendal (links) en Retief Riekert van Migdol eet skaapafval op Migdol se Droogtehulpfees wat op 13 Oktober gehou is.

“Dit was net een oggend toe ek opstaan op my hart gelê dat ek iets moet doen om daardie boere wat steeds swaarkry te help, en toe reël ons ’n fees,” vertel Riekert.

Boere van Williston, waar dit steeds baie droog is, het onder meer 100 skape vir die veiling geskenk om dankie te sê vir hulp wat hulle ontvang het toe die nood op sy hoogste was.

Riekert sê verskeie kunstenaars wat opgetree het, het ook hul harte oopgemaak en hul dienste gratis gelewer.

Jagpakkette wat opgeveil is, het ook goeie aftrek gekry.

Volgens mnr. Deon Badenhorst, bestuurder van koöperatiewe bemarking en kommunikasie by Suidwes Landbou, wat die terrein vir die fees beskikbaar gestel het, is dié maatskappy bewus van lede en gemeenskappe waar vee weens droogte vrek. “Dit is veral in die Noord-Kaap waar hulp dringend benodig word.”

Sy siening word deur Burger beaam. “Die Noord-Kaap is steeds baie droog. ’n Gebied soos die Richtersveld se weiding is tot niet. Dit het daar ses jaar laas behoorlik gereën.”

Hy vertel van sy swaer en suster, Suan en José Nel, wat tussen Loeriesfontein en Lospers boer, op ’n plaas wat Waterkuil heet – en danksy daardie einste waterkuil darem nog water vir hul vee het. “Hul seuntjie Jacobus is nou vier jaar oud en hy net anderdag die eerste keer reën gesien.”

Volgens Burger is daar ook groot nood in distrikte soos Beaufort-Wes, Aberdeen in die Oos-Kaap en Bitterfontein in die Wes-Kaap. “Dit reën net kol-kol vanjaar. Daar is dus steeds dringend hulp nodig.”

Hy bereken die waarde van die vragte droogtehulp wat aangery is, op R65 miljoen en sê dat hy uiters dankbaar is vir almal wat hulp aanbied.

In ’n musiekvideo wat hy onlangs op sosiale media geplaas het, word boere in droogtegebiede aangemoedig met die woorde: “Laat die droogte kom, ons staan reg.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
+1.1%
Palladium
1,460.24
-1.2%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Opsoek na iemand opreg...
Ek is n eerlike opregte persoon en is opsoek na daai spesiale persoon wat ook moeg is om alleen te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot