Dit kom nadat hy op Maandag 13 Maart by die hof in hegtenis geneem is waar hy in ’n afsonderlike likwidasiegeding getuig het. Hy sou borgtogaansoek gebring het, maar die saak is geskrap.
Die voorval spruit uit sy beweerde teistering van mnr. Henk Strydom, ’n prokureur van Strydom en Bredenkamp, in kommentaar op sosiale media. Strydom tree namens die Land Bank op.
Volgens Van der Merwe is die lasbrief reeds twee weke gelede in Pretoria bekom. “Dit is vreemd dat die betrokke prokureur dit van Pretoria na die Paarl bring waar ek in ’n ander saak moet getuig waar dit uitgevoer moet word. As die lasbrief nie geskrap is nie, sou ek onder polisiebegeleiding na Pretoria moes gaan om wie weet wanneer daar voor die hof te verskyn,” sê hy.