AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

CBH ontken berig dat hy uit Noordwes wil trek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Country Bird Holdings is een van die produsente wat in uitbreiding belê het deur die bou van ’n nuwe aanleg in Noordwes om ’n bykomende reeks hoendergeriefskos, soos burgervleis en schnitzels, te vervaardig. Foto: CBH
Country Bird Holdings is een van die produsente wat in uitbreiding belê het deur die bou van ’n nuwe aanleg in Noordwes om ’n bykomende reeks hoendergeriefskos, soos burgervleis en schnitzels, te vervaardig. Foto: CBH
Die hoenderprodusent Country Bird Holdings (CBH) sê hy het tans geen planne om sy Supreme-slagplaas in Mahikeng, Noordwes, te sluit nie.

Die hoenderprodusent Country Bird Holdings (CBH) sê hy het tans geen planne om sy Supreme-slagplaas in Mahikeng, Noordwes, te sluit nie.

Mnr. Brendon de Boer, uitvoerende hoof van CBH, het gesê eNCA het hom nie om kommentaar genader voordat hy op 1 November ’n berig met dié bewering gepubliseer het nie.

eNCA het in ’n twiet gesê CBH het besluit om die aanleg uit Noordwes te skuif weens swak dienslewering en dat sowat 2 000 poste in gedrang kon wees.

Vroeër vanjaar is wyd berig dat Clover besluit het om sy kaasfabriek in Lichtenburg weens swak munisipale dienslewering na Durban skuif.

De Boer het by navraag gesê “dit is jammer dat CBH by verkiesingsdagpolitiek ingesleep is, omdat dit ten koste van die werknemers is.”

eNCA het sy eerste berig later op dieselfde dag opgevolg en berig dat CBH ontken het dat hy planne het om die slagplaas te verskuif, maar gesê dat mnr. Obed Bapela, adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake, aan eNCA gesê het die maatskappy dreig om die slagplaas weens swak dienslewering te verskuif. 

Gesprekke met regering

De Boer het by navraag nie spesifieke vrae beantwoord oor dienslewering in Mahikeng en of die maatskappy in gesprek met enige spesifieke regeringsvlak is nie.

“CBH voer wel gesprek met die regering, soos enige belanghebber in sy posisie sou,” het hy gesê. “Dié gesprekke is daarop toegespits om saam te werk om enige probleme op te los en om vir die toekoms te beplan.

“CBH wil nie via die media met sy belanghebbers gesprek voer nie en gaan in dié stadium geen verdere kommentaar oor die kwessie lewer nie.”

CBH doen sake onder die handelsmerke Supreme Chicken, Nutri Feeds en Ross Africa. 

Beleggings in Noordwes

Landbouweekblad het in 2018 en 2019 oor CBH-beleggings in Noordwes berig, soos toe die maatskappy in 2018 beoog het om die Lichtenburgse braaihoenderprodusent Opt Agri teen sowat R300 miljoen by NWK te koop en in 2019 sy nuwe Supreme-aanleg ter waarde van R400 miljoen by die Tigane-slagplaas geopen het.

Mnr. Bushy Maape, premier van Noordwes, en de Boer het mekaar op 3 November by die maatskappy se Supreme-aanleg in Mahikeng ontmoet ná die mediaberigte twee dae tevore. 

Maape sê in ’n video deur die provinsiale regering se kommunikasie-afdeling, wat op Twitter geplaas is, dat CBH tydens die besoek bevestig het dat hy nooit enige planne gehad het om uit die provinsie te trek nie en dat hy bereid is om gesprek te voer om die probleme aan te pak.

“Ons stem almal saam dat ons van nou af aan die probleme gaan aandag gee,” sê Maape. “As daar ’n probleem is, sal ons die relevante staatsdepartement of munisipaliteit kontak om die probleme op te los. CBH het kwessies geopper wat verband hou met waterprobleme, waaraan ons probeer aandag gee, en van gemeenskapslede wat sekere eise te stel.”

De Boer sê in die video die samesprekings was ’n goeie gesprek oor dienslewering en dat CBH benadruk het dat hy sal voortgaan om in Noordwes te belê. “Wat ons nodig het, is ’n vennootskap met die regering, om seker te maak dat ons aandag kan gee aan die kwessies wat ons uitgelig het, en om seker te maak dat die vennootskap vrugbaar is.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot