AFGRI
BEAN
17 Me
-
9776,8
-170,20
CORN
17 Me
-
5104
-27,00
SOYA
17 Me
-
9038
-184,00
SUNS
17 Me
-
10530
-67,00
WEAT
17 Me
-
8186
-103,00
WMAZ
17 Me
-
4717
-65,00
YMAZ
17 Me
-
4844
-82,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Cele: Boere moenie kla as hulle seerkry nie

akkreditasie
Mnr. Bheki Cele, minister van polisie. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele, minister van polisie. Foto: GCIS
Wat ’n veiligheidsvergadering in Normandien in die noorde van KwaZulu-Natal moes wees, het weens roekelose, emosie-belaaide uitsprake deur die mnr. Bheki Cele, minister van polisie, ontaard in ’n opsweping van emosies.

Mnr. Roland Collyer, ’n boer van die omgewing, voorsitter van die Normandien-landbouvereniging en broerskind van die Rafferty-egpaar wat verlede maand daar vermoor is, sê dit is teleurstellend dat die minister wat verantwoordelik is vir veiligheid van die landsburgers, sy eie beeld so skade kan aandoen met onverantwoordelike uitsprake.

“Die ganse vergadering het in Zoeloe plaasgevind en ek is Zoeloe magtig. Op een stadium het hy aan die vergadering, wat baie grondbesetters en -bewoners ingesluit het, gesê boere moenie kla as hulle seerkry nadat hulle vee geskut het nie. Ek is egter vas oortuig dat ons gemeenskap se probleme opgelos sal wees as ons die veekwessie kan oplos.”

Vee vreet koring en mielies

Hierdie uitspraak het gekom nadat een van die grondbesetters en -bewoners gekla het dat boere hul vee skut. Volgens Collyer laat wei grondbesetters en -bewoners dikwels hul vee in kommersiële mielie- en koringlande. Boere wat hierdie diere laat skut, word dan van veediefstal aangekla.

Collyer het Cele gevra of dit regverdig is dat vee die oeste van boere bewei waarna Cele sy humeur verloor en die emosiebelaaide uitsprake gemaak het.

“Cele het ook op die vergadering gevra hoekom boere so swaar gewapen is en wou weet waarvoor ons so bang is. Dit was in reaksie op valse aantygings dat ’n boer ’n vuurwapen op kinders gerig het. Dit is teleurstellend dat die minister daarop gereageer het voordat hy seker gemaak het dat daar wel so ’n saak bestaan.”

Die aantygings spruit moontlik uit politiekery en het volgens mnr. Herman de Wet, voorsitter van TLU SA in KwaZulu-Natal, moontlik nie veel met die werklike verhoudinge op grondvlak te doen nie. “Oor die afgelope ses jaar is daar meer as 140 politieke moorde in die noorde van KwaZulu-Natal gepleeg. ’n Situasie soos wat tans in Normandien afspeel, is dus ’n gulde geleentheid vir plaaslike mense met politieke aspirasies om goedkoop politieke punte aan te teken deur opsweping en valse aantygings.”

Handjie vol moeilikheidmakers

Volgens Collyer is die moeilikheidmakers slegs ’n handjie vol mense en die meerderheid van die gemeenskap het goeie verhoudinge oor rassegrense heen.

“Die hoop wat ons gehad het dat die minister sou kom om met ons te simpatiseer ná die moord op my oom en tannie en om vir ons terugvoer te gee oor hoe die ondersoek na die moordenaars vorder, het ontaard in verdere verdeling van die gemeenskap. Ons sal wag dat die stof en emosies effens gaan lê en sal dan besluit watter stappe ons sal doen. Die minister het belowe om oor drie weke weer hier by ons besoek af te lê.”

Cele kommentaar

Me. Lirandzu Themba, woordvoerder van Cele, sê die minister het na albei kante geluister en geantwoord dat die verhouding tussen die gemeenskappe en die polisie moet verbeter en ook benadruk dat die rassistiese beweringe wat teen die boere gemaak is, nie geïgnoreer kan word nie.

“Boere is daarvan beskuldig dat hulle sommige gemeenskapslede met vuurwapens terroriseer. Dit is slegs een van baie beweringe.”

Sy sê ’n span van die kantoor van genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, sal na Normandien gaan en kyk hoe die polisiekantoor toegerus kan word om die misdade te hanteer wat aangemeld is.

Oor die manier waarop Cele vir Collyer geantwoord het, sê Themba dat Cele gevoel het dat die boer hom en die geleentheid ondermyn met die manier hoe hy die vraag gevra het. “Die boer het selfs gelag toe hy oor sy gedrag aangespreek is.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.92
+1.5%
Rand - Pond
19.88
+0.1%
Rand - Euro
16.79
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+1.7%
Goud
1,813.39
-0.6%
Silwer
21.61
-0.1%
Palladium
2,054.00
+1.3%
Platinum
955.49
+1.0%
Brent-ruolie
114.24
+2.6%
Top-40
63,027
+0.8%
Alle aandele
69,696
+0.7%
Hulpbronne 10
72,798
+1.3%
Industriële 25
77,796
+0.9%
Finansiële 15
15,898
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief die lewe.
Saggeaarde en rustige mens. Lief vir die bosveld en n lekker braai. Draf graag en doen nou en dan padwedlope.
Gee my n PLEISTER vir my siel....
Gelukkig op die plaas en perde. ek Kan my eie band ruil en self gate boor. Hou van Lees Meer as TV kyk
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot