AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4144
-13,00
SOYA
29 Mrt
-
8269
26,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3850
-33,00
YMAZ
29 Mrt
-
4054,6
-29,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Cele gekap oor uitlatings oor boere by beraad

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Uitlatings op die landelike veiligheidsberaad deur mnr. Bheki Cele, minister van polisie, oor boere wat onwettige buitelanders in diens neem, het kwaai kritiek ontlok.

Cele bevind hom vir die soveelste keer aan die verkeerde kant van Suid-Afrika se boere met sy uitlating dat boere wat onwettige buitelanders in diens neem, die polisie se werk bemoeilik om misdadigers op te spoor, sê TLU SA.

Cele het in sy openingsrede op die beraad in Parys vroeër die week gesê baie boere maak hulle skuldig aan ongeregistreerde indiensneming van buitelandse immigrante en dit skep groot ontevredenheid. “Julle sê die Suid-Afrikaanse werkers is lui, maar hulle sal veg vir hul regte en dit sal konflik veroorsaak soos in die vervoerbedryf.”

In reaksie sê TLU SA dat aannames en beskuldigings soos hierdie niemand help nie. “Dit is die staat se verantwoordelikheid om na die inwoners se veiligheid om te sien, maar hy misluk liederlik in dié opsig en nou probeer hy die blaam verplaas na onwettige immigrante wat hy ingelaat het deur die grense oop te maak,” sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Geen boer gaan haal arbeid buite die grense van die land nie, hy kry dit binne die land.

“Dit is die regering wat toelaat dat dié ongedokumenteerde mense in die land is. As hy nou ’n probleem daarmee het, moet hy eerder die vinger na homself wys. Dit is immers ook die regering se verantwoordelikheid om die mense wat van die buiteland kom, te dokumenteer.”

Oor sy verwagtinge van die beraad, sê Agri SA dit vereis ’n konkrete aksieplan om die veiligheid van die landelike boerderygemeenskap te verseker. Daar word nou gewerk aan só ’n aksieplan wat dan aan die kabinet voorgelê sal word, aldus Cele.

Mnr. Uys van der Westhuijzen, hoof van landelike veiligheid by Agri SA, het gesê die beraad moet lei tot konkrete stappe om die boeregemeenskap veiliger te maak. “Dit is noodsaaklik dat ooreengekom word op dringende stappe wat gedoen moet word om die landelike beveiligingstrategie doeltreffend in te stel en om die polisie te voorsien van die nodige hulpbronne om die landelike boerderygemeenskap behoorlik te kan dien en te beskerm.”

Vrystaat Landbou waarsku in sy boodskap aan Cele dat ’n veilige en volhoubare landbousektor en voedselveiligheid ondermyn word omdat die landelike veiligheidstrategie nie toegepas word nie. Mnr. Gernie Botha, uitvoerende hoof, vra of ’n gebrekkige begroting die toepassing van die strategie kniehalter. Hy sê ses van die agt pilare van die strategie behels die kapasiteit van die polisie soos mannekrag, voertuie en toerusting. Die polisie word gevra om hierdie gebreke daadwerklik aan te pak.

Botha verwys na die nasionale werkgroep waarin verteenwoordigers van onder meer Agri SA, Nafu, Afasa, Asuf, Bacsa, akademici, plaasbewoners, Contralesa en die WNNR die polisie bystaan. Hy sê dit is belangrik dat hierdie werkgroep van 15 lede se insette ernstig opgeneeem moet word.

Daar is verder ’n versoek dat landelike veiligheidsberade op provinsiale vlak moet plaasvind om eiesoortige prioriteite, gebreke, tekortkominge en probleme uit te lig en daadwerklik oplossing daarvoor te vind.

Me. Sandy La Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu, beklemtoon die noodsaaklikheid om die aansienlike bydraes van landelike en boerdery-gemeenskappe op topvlakbesprekings te noem, sodat alle sieninge en behoeftes van alle belangegroepe in berekening gebring word.

Sy sê van die belangrikste veiligheidskwessies in KwaZulu-Natal is aanvalle en moorde wat voortduur, betreding en grondbesetting, stakings en gewelddadige optrede oor gebrekkige dienslewering, vandalisme van infrastruktuur, Transnet-pyplyne, Eskom-infrastruktuur en paaie, onwettige jag met honde, swak ondersoekwerk deur die polisie en oorgrensmisdade uit buurlande.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.19
-0.2%
Rand - Pond
22.42
-0.0%
Rand - Euro
19.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
957.10
-1.1%
Palladium
1,414.26
-0.2%
Goud
1,962.23
-0.6%
Silwer
23.09
-1.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot