
Luidens die berig op Business Insider se webwerf word verwag dat verkope op die Chinese eiendomsmark gedurende die eerste kwartaal van die jaar met tot 25% gedaal het. Daarom mag kopers wat in landelike eiendomme belang stel, nou ’n gedeelte van die deposito in graan of knoffel betaal.
Dié bemarkingsveldtog deur Central China Real Estate, wat spesifiek op boere in die Minquan-streek van die provinsie Henan toegespits is, loop 10 Julie ten einde.
Chinese kopers is glo sku om nou in eiendom te belê en verkies eerder om, te midde van China se onstuimige ekonomiese klimaat, hul geld op te pot. Central China Real Estate se winste het volgens Business Insider in 2021 met sowat 40% gedaal.