AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Chris Burgess: Soek die silwer randjie

Die supersiklus vir die landbou is miskien agter die rug maar Chris Burgess is steeds hoopvol oor die toekoms van die plaaslike bedryf.

Die Leeus het toe nie die Superrugby-kompetisie gewen nie, ondanks die voordeel van die hoogte bo seevlak, ’n tuiswedstryd en ’n vol stadion. Kwagga Smit se rooi kaart het die wind lelik uit hul seile gevat, maar die terugvegpoging was een van die indrukwekkendste wat ek nóg gesien het. Met 14 manne op die veld het die Leeus die Crusaders in die tweede helfte behoorlik versmoor. (Hoekom het hulle nie so begin nie?) Soos Nick Mallett ná die wedstryd opgemerk het: “Sometimes there’s honour in defeat.”

Verder is Suid-Afrika se ramspoedige, en, wil dit al hoe meer voorkom, volkome korrupte President, Jacob Zuma, nie uit sy onverdiende amp gestem nie. Ten minste het ’n hele paar ANCLP’s geskiedenis gemaak toe hulle hul gewete gevind en teen die stropery van ons land gestem het. Dit gee ’n mens darem hoop, hoe skraal ook al, dat ons dalk in die toekoms sinvol oor dinge soos grondhervorming sal kan praat.

Die silwer randjie

Dit is dieselfde met die landbou. Die silwer randjie is daar, dit is net moeiliker om raak te sien. Veral as jy blaai deur die toonaangewende verslag wat die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) jaarliks uitreik.

Dit is duidelik dat die landbou se supersiklus verby is. Die groot faktore wat landbou-inkomste vir 14 jaar sedert 2000 aangejaag het, is nie meer daar nie. Eers was daar die algemene opbloei in die ekonomie ná die sanksiejare en die uitwerking wat maatskaplike toelaes oornag op die vraag na kos gehad het.

Dan was daar die gunstige gevolge van die deregulering van landboumarkte, veral die ontginning van uitvoergeleenthede deur ons vrugte- en wynbedryf. En in 2005 het die supersiklus goed die wind van agter gekry toe Amerika se biobrandstofbeleid amptelik vastrapplek gekry het en ’n enorme nuwe mark vir grane geskep is.

Toe kom die wêreldresessie van 2008. Ons banke het oorleef en die staat was gelukkig besig om miljarde rande aan infrastruktuur te bestee, onder meer aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi, maar ons het nie ongeskonde daaruit gekom nie.

Ondanks ’n kortstondige ekonomiese oplewing het die chaotiese Zuma-jare aangebreek en stelselmatig die ekonomie weggekalwe tot waar ons vandag sit — in ’n resessie en ’n wêreldmark wat toegegooi is met

graan.

Produktiwiteit

Maar daar is hoop. Graanplase se produktiwiteit het oor die jare met rasse skrede verbeter danksy tegnologie en beter produksiepraktyke. Vandag hou boere se nuwe klem op grondgesondheid groot geleenthede in.

Vleispryse is genadiglik tans goed, maar daar is nog groot waarde om te ontsluit met presisieboerdery — van voeding tot genetika — en natuurlik die ontginning van uitvoermarkte. Dan is daar die uitskieterbedrywe, naamlik bloubessies, makadamias en pekanneute.

Jy wil sommer avokado’s byvoeg, met groot beoogde aanplantings by George. Die vrugtebedryf het tans erge waterprobleme, en ondanks ’n goeie lopie hang die wolk van oorproduksie oor die sitrusbedryf. Ten spyte van die probleme moet die waarde van ons gevestigde uitvoerwaardekettings egter nie onderskat word nie.

Plaaslik is daar nog bitter baie waarde om te ontsluit met landbouprodukte op die informele mark, wat volgens sommige ekonome tot 20% tot die ekonomie bydra. Te min mense weet egter daarvan. Kyk net wat het ZZ2 en McCain al in dié opsig reggekry.

Ons het nou wel nie die Superrugby gewen nie, maar volgende jaar speel die Cheetahs en Kings in Europa. En met verandering kom nuwe geleenthede — ook in die landbou.

Chris Burgess is redakteur van Landbouweekblad. Hierdie is sy redakteursbrief in LBW van 18 Augustus.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,018.82
+0.8%
Palladium
1,669.18
-0.0%
Goud
1,954.48
+0.2%
Silwer
24.46
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,668
-0.1%
Alle aandele
79,864
+0.1%
Hulpbronne 10
74,939
-0.3%
Industriële 25
102,543
+0.0%
Finansiële 15
16,553
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot