AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Cleaver-pryse aan topslagters toegeken

Die Cleaver-pryse, 'n inisiatief van die Rooivleisbedryfsforum, is vanjaar vir die negende keer toegeken.

Die land se topslagters in die Cleaver-pryse se kategorie vir vleismarkte is 'n man en sy skoondogter van Nelspruit.

Mnr. Rudy Oosthuyse het gesorg dat The Grove Spar die platinumprys vir vleismarkte wen en sy skoondogter, me. Susan Oosthuyse, dat Crossing Spar die goue prys verower. Die meeste van die nasionale wenners vir die Cleaver-pryse van 2013 kom uit die noordelike provinsies.

Die ander 2013-platinumwenners is Uitkyk-vleismark op Lichtenburg (slaghuise met tot drie kasregisters), en Boma-vleismark in Moreletapark, Pretoria (drie en meer kasregisters).

En die ander goue wenners is West End-vleismark van Kimberley (slaghuise met tot drie kasregisters), en Vleislapa Marshallstraat in Polokwane (drie of meer kasregisters). Die nasionale en provinsiale wenners is op 23 April by 'n geleentheid in Johannesburg bekend gemaak.

Klante benoem slaghuise
Dit is die negende keer dat Cleaver-pryse, 'n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Rooivleisbedryfsforum, toegeken is. Vir die 2013-pryse het slaghuise se klante van Oktober tot Desember laas jaar 15 000 benoemings per SMS of aanlyn gemaak.

Beoordelingskriteria sluit in higiëne in die winkel; die verskaffing van gehalteversekerde, gerolmerkte Suid-Afrikaanse beesvleis; die slaghuis se vermoë om die beste raad te gee vir die voorbereiding van maaltye en mense se persepsie van waarde vir geld.

Prys bly belangrikste
Me. Hester Vermeulen, 'n verbruikersontleder van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), het by die geleentheid gesê navorsing wys verbruikers oorweeg vyf basiese goed wanneer hulle beesvleis koop.

Dit is, in volgorde van belangrikheid, prys, vervaldatum, voorkoms, gehaltewaarborg en vetinhoud. Sy het ook gesê die vleisbedryf moet baie aandag gee aan die opkomende middelklas. “Dit is waar dinge gebeur, hierdie groep is dinamies en modebewus, maar dit is ook 'n uitdaging om hulle te verstaan.” 

Vermeulen sê die jongste inligting dui daarop dat meer as die helfte (57%) van die vleismandjie van die armste derde van die Suid-Afrikaanse bevolking uit hoender bestaan. Sowat 20% van hul vleisaankope is beesvleis, 7% is boerewors/beeswors en slegs 4% is skaap- en lamsvleis.

Hierteenoor bestaan die middelinkomstegroep, wat die helfte van die bevolking is, se vleismandjie uit onder meer 26% beesvleis en 42% hoender, en die rykste 20% van Suid-Afrikaners se mandjie bevat onder meer 29% beesvleis, 25% hoender en 13% skaap- en lamsvleis.

Byskrif: Die ontvangers van die nasionale Cleaver-pryse van 2013 is mnr. Adriaan de Klerk van West End-vleismark in Kimberley (goud), me. Susan Ludick van Uitkyk-vleismark op Lichtenburg (platinum), me. Susan Oosthuyse van Crossing Spar in Nelspruit (goud), haar skoonpa, mnr. Rudy Oosthuyse van The Grove Spar ook in Nelspruit (platinum), mnr. Marius van Tonder van Vleislapa Marshallstraat in Polokwane (goud), en mnr. Hendrik Steenkamp van Boma-vleismark in Moreletapark, Pretoria (platinum). Foto: CARIEN KRUGER

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.86
+0.1%
Silwer
20.81
+0.7%
Palladium
2,271.47
+0.4%
Platinum
929.00
+0.4%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot