
Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê die 60-jarige boer het Woensdag 27 Julie omstreeks 18:30 met sy aankoms by sy huis afgekom op twee verdagtes wat besig was om by sy kluis in te breek.
Die verdagtes het besef dat hulle op heter daad betrap is. Een van die verdagtes het ’n vuurwapen uitgehaal en die boer in die bobeen geskiet voordat die twee mans van die toneel gevlug het. Die polisie is na die toneel ontbied. Die boer is in die hospitaal opgeneem.
’n Voorlopige ondersoek het bevind dat die kluis oopgedwing is. ’n Vuurwapen en skootrekenaar word vermis.
Enigiemand met nuttige inligting word versoek om speurkonst. Richard Dlanga by 071 147 7393 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.