AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Clover betaal boere meer, wins daal

Clover se prys aan boere het van Februarie tot April met 15% gestyg, maar sy bedryfswins het gedaal.

Clover se plaashekpryse het van Februarie tot April vanjaar met 15% gestyg, maar die maatskappy het ’n moeilike jaar agter die rug en sy bedryfswins het met 24% gedaal.

Enige verdere bewegings rondom produsentepryse sal afhang van hoe die aanbod van melk verander, het mnr. Johann Vorster, hoof uitvoerende beampte, ná die bekendmaking van die maatskappy se finansiële resultate gesê.

Clover het, soos ander melkkopers, begin vanjaar produsentepryse verhoog toe dit duidelik word melkproduksie krimp weens boere se winsmarges. Clover het ook in die winter ’n tydelike droogtepremie van 2c/liter aan boere in die Oos-Kaap betaal.

Vorster sê weens die tekort aan melk het kwaai mededinging onder kopers ontstaan en dit is hoekom Clover sy pryse met meer as inflasie verhoog het. Terselfdertyd is verbruikers nog onder druk, daar was ’n prysgeveg tussen kettingwinkels oor pryse vir langlewemelk, en Clover het ook ander kostestygings in die twaalf maande tot 30 Junie vanjaar gehad.

Die maatskappy moes 17% meer aan verpakking bestee en 12% meer aan die oplaai van melk, hoofsaaklik weens duurder brandstof. Vervaardigingskoste het met 10%gestyg.

Clover se wesensverdienste per aandeel het in die jongste boekjaar met 14,3% tot 102,7c gedaal.

Die maatskappy het 'n finale dividend van 16c verklaar, wat die totale dividend op 32c te staan bring – dieselfde as die vorige jaar.

Vorster het gesê die tekort wat Clover in die winter aan kaas en langlewemelk gehad het, was onder meer omdat van sy boere net voor die winter na Danone oorgegaan het.

Vorster sê Suid-Afrika is “ 'n fantastiese melkbron” en kan as suiwelproduksieland net so goed soos Nieu-Seeland wees.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot