Clover het ‘n wins van nagenoeg 6% bekend gemaak, terwyl sy wesensverdienste agtvoudig verhoog het.
Dié finansiële resultate is vir die jaar tot 30 Junie 2011, wat pas bekend gemaak is.
Clover se inkomste het met 6,1% van R6,2 miljard tot R6,5 miljard toegeneem, terwyl die genormaliseerde bedryfswins met 2,4% tot R328,6 miljoen verhoog het.
Wesensverdienste van voortgesette bedrywighede het met 822% tot R175,2 miljoen gestyg, terwyl die wesensverdienste per aandeel met 825% tot 113,8 sent gestyg het. Clover het ‘n dividend van 15 sent per gewone aandeel verklaar, wat op 17 Oktober betaal word.
Mnr. Johann Vorster, hoof uitvoerende beampte van Clover, sê hy is tevrede met die maatskappy se stewige prestasie. “Clover kon sy winsgewendheid en markaandeel laat groei, ondanks moeilke markomstandighede.”
19 September 2011