AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6905
-15,00
CORN
19 Okt
-
3078
-7,00
SOYA
19 Okt
-
7180
-25,00
SUNS
19 Okt
-
9910
182,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3178,40
-21,60
YMAZ
19 Okt
-
3341,2
-14,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Coetzee lei nou GWK

akkreditasie
V.l.n.r.: mnre. Llewellyn Brooks, die GWK-groep se besturende direkteur, Hennie Coetzee, nuutverkose voorsitter van GWK se direksie en Frank Lawrence, voormalige voorsitter van GWK se direksie – nou ondervoorsitter. Foto: Verskaf
V.l.n.r.: mnre. Llewellyn Brooks, die GWK-groep se besturende direkteur, Hennie Coetzee, nuutverkose voorsitter van GWK se direksie en Frank Lawrence, voormalige voorsitter van GWK se direksie – nou ondervoorsitter. Foto: Verskaf
Mnr. Hennie Coetzee van die plaas Lowerland in die distrik Prieska is tot voorsitter van die GWK-direksie verkies as deel van die opvolgbeplanning vir die maatskappy se direksie.

Die uittredende voorsitter, mnr. Frank Lawrence, sal as ondervoorsitter van die direksie dien om kontinuïteit in die die maatskappy se strategie te verseker.

Dit volg nadat GWK goeie resultate in sy jongste boekjaar aangekondig het.

Die Coetzee-familie is bekend om gewasproduksie onder besproeiing by Prieska, asook die produksie van wyn aan die oewer van die Oranjerivier, terwyl Coetzee, wat tot dusver as ondervoorsitter in die GWK-direksie gedien het, ook tot onlangs as voorsitter van Bonsmara SA gedien het.

Mnre. HF Cilliers, Frans Lubbe en Lawrence is herverkies as direkteure as deel van die normale verkiesingsproses, terwyl mnre. Koos van der Ryst en Wynand Human nie vir nog ’n termyn in die direksie beskikbaar was nie. Human gaan voort om in die bedryfsdireksiekomitee van GWK te dien.

’n Besluit is drie jaar gelede geneem om die GWK-direksie te verklein deur net die helfte van die vakatures te vul wanneer die termyn van die direkteure verstryk. Die doelwit hiermee is nou bereik met die direksie wat uit ses produsentedirekteure, twee onafhanklike direkteure en twee uitvoerende direkteure bestaan. Die direksie se nominasiekomitee kan nog twee onafhanklike direkteure aanstel as die behoefte vir bepaalde spesialiskundigheid ontstaan.

GWK het bekend gemaak dat die groep ’n voorbelaste wins van R46,6 miljoen vir die 2019-’20-boekjaar behaal het. Volgens mnr. Llewellyn Brooks, die groep se besturende direkteur, volg dié resultate ná twee moeilike jare wat tot verbeterde prestasie vir 2018-’19, en nou ook tot verdere verbetering gelei het. “Die ommeswaai kan regstreeks toegeskryf word aan die mense wat by die maatskappy betrokke is, insluitend GWK se aandeelhouers, kliënte, direksie en werknemers.”

Brooks sê die ambisie van die maatskappy word ondersteun deur GWK se strategie, wat in die maatskappy en sy onderskeie ondernemings reeds sterk gevestig is. “Ons benadering word gekenmerk deur optrede wat ánders is – ontdekkend en innoverend.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.53
+1.2%
Rand - Pond
20.06
+0.7%
Rand - Euro
16.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.42
+0.3%
Silwer
23.67
+2.1%
Palladium
2,100.44
+4.0%
Platinum
1,042.26
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Romantic boerseun. Lief vir die lewe kos maak en lekker lag
Ek is anders as die gewone. Is n joker met n diep kant. Skryf gedigte love die lewe. N besighede man met n fun kant
Nuwe begin, nuwe hoop, nuwe lewe
Ek is n inspirerende mens wat enige iets wat op my pad kom sien as n getuienis om God se Naam groot te maak. My hande staan vir niks verkeerd nie. Ek hou van sport en om tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot