AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Coligny nou politieke speelbal

Politici gebruik opsweping van die arm massas en brandmerk boere as rassiste sodat die aandag van swak dienslewering afgetrek word, reken mnr. Boeta du Toit van Agri Noordwes.

Politici brandmerk boere as rassiste en gebruik die aanhitsing van rassespanning tussen wit en swart om die fokus van swak dienslewering af te trek.

Só reken mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, oor die betogings en geweld wat in Coligny uitgebreek het na borgtog toegestaan is aan mnre. Pieter Doorewaard (26) en Philip Schutte (34). Hulle staan tereg op aanklagte van moord in verband met die dood van die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

Die seun is agter op ’n bakkie na die polisie vervoer nadat hy na bewering in ’n sonneblomland betrap is. Hy het sy nek gebreek toe hy van die bakkie af geval of gespring het (volgens die beskuldigdes), waarná die boere die ongeluk by die polisie aangemeld het. Die staat beskuldig hulle van moord.

Onlus en onrus

Chaos het uitgebreek na die beskuldigdes se vrylating. Verskeie huise is aan die brand gesteek en die polisie het gespook om die situasie onder beheer te kry. Ten spyte van die feit dat die saak teen die beskuldigdes steeds hangend is, het die premier van Noordwes, mnr. Supra Mahumapelo, tydens Mosweu se begrafnis beweer dat hy in die hande van “wit mense” dood is.

Du Toit sê die ANC gebruik die insident om die publiek se frustrasie met swak dienslewering na wit boere te verplaas. Die onrus in Coligny volg op protesoptrede in nabygeleë Lichtenburg weens ’n gebrek aan dienslewering deur die Ditsobotla-munisipaliteit, waaronder beide dorpe val. Die munisipaliteit is in ’n diensleweringskrisis gewikkel, met enorme skuldvlakke en herhaalde oproepe dat die burgemeester, mnr. Daniel Buthelezi, moet bedank.

“Wat met die kind gebeur het, word as ’n verskoning gebruik en deur politieke partye verpolitiseer. Dit gaan eintlik oor ’n Regering wat sy mense faal met swak dienslewering, sowel as armoede en werkloosheid as gevolg van swak regeringsbeleid.”

Magstryd

Du Toit reken dié insident het ’n speelbal vir politici geword in die toenemende retoriek rondom “wit monopolie-kapitaal”.

“Dit gaan oor die magstryd tussen die EFF en ANC. Hulle kompeteer hier vir dieselfde stemme. Dit is moontlik ook hoekom sulke radikale uitsprake rondom die insident gemaak word.”

Die toenemende rassespanning in Coligny maak Du Toit baie onrustig.

“Die rassistiese inslag van die hele ding en die verpolitisering daarvan rondom die rasaangeleentheid is kommerwekkend en absoluut onverantwoordelik. Dit is duidelik deel van ’n strategie, want dit wat op nasionale vlak gesê word, word hier in Noordwes geego.”

Du Toit sê politici, insluitend Mahumapelo, brandmerk boere as rassiste en blameer hulle vir wat in Suid-Afrika verkeerd gaan.

“Dit is deel van hulle strategie en is soortgelyk aan wat Robert Mugabe in Zimbabwe gedoen het. Hy het die wit monopolie-kapitaal die skuld gegee vir wat verkeerd geloop het. In hierdie geval is die sneller swak dienslewering, nie dié voorval nie. Dit bloot gemaklik by hulle planne ingepas en die fokus geword.

“Onderliggend hieraan is ’n land wat polities en sosio-ekonomies faal. Werkloosheid, swak dienslewering en politieke opsweping is aan die orde van die dag en politieke groeperings en kriminele elemente buit die onstabiliteit uit.”

Steun

Du Toit sê landbou-organisasie soos die TLU SA en Agri Noordwes werk met die gemeenskap saam om ondersteuning te bied en waar moontlik met beveiliging te help. Hy het betrokke partye en die gemeenskap van Coligny aangemoedig om verantwoordelik op te trede te midde van die onrus.

“Laat die gereg sy gang gaan en laat ons by die waarheid inkom. Intussen moet alle partye, ook die media, besef dat ons nie die situasie verder moet aanblaas nie. Gemeenskappe en organisasies moet saamwerk, oor ons verskille heen, met die regsraamwerk as ons riglyn, om almal te beskerm.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot