
Die boere eis $28,6 miljoen in skadevergoeding van die maatskappy Equion Energia, voormalig BP Exploration (Colombia). Hulle voer aan dat BP hul grond ernstig beskadig het toe hy die Ocensa-oliepyplyn in die 1990’s opgerig het. Hulle sê daar was nalatigheid wat die konstruksie van die pyplyn aangaan en dat hul boerderygewasse beskadig is.
Die groep se regsverteenwoordiger, mnr. Alex Layton, sê BP het sy belofte gebreek om regverdige vergoeding te betaal vir die skade wat aangerig is. BP, wat sedert die 1990’s sy bates in Colomia verkoop het, ontken dat swak gehalte bouwerk die betrokke skade veroorsaak het en voeg by dat hy vergoeding betaal het waar dit van pas was.
Die 109 boere van 73 plase sê die bouwerk het gronderosie veroorsaak, waterbronne sleg geraak en plantbedekking beskadig. Getuies het van vergeleë dele van Colombia gereis vir die verhoor.
Bron: