
Afgevaardigdes by die COP17-beraad is die versekering gegee dat hulle veilig is by die konferensiesentrum waar COP17 aangebied word.
Dít het gevolg nadat ’n swaar reënbui Durban getref het. Me. Christiana Figueres, uitvoerende sekretaris van die UNFCCC (die Verenigde Nasies se raamwerk-konvensie oor klimaatsverandering) het haar meegevoel met die inwoners van Durban betuig. Figueres het afgevaardigdes gerusgestel oor hul veiligheid by die beraad.
'n Teken
“Die strukture is deur deskundiges nagegaan en naas geringe skade aan die dak en water in die ondergrondse parkeerterrein is daar geen probleme gevind nie.” Sy het gesê die buitengewone storm is ’n teken dat berekende stappe gedoen moet word om by geskikte ooreenkomste uit te kom.
Klimaatsverandering is ’n globale probleem wat ’n invloed op elke land het, hoe groot of klein dit ook al is. Sewe mense is in die woonbuurte Umlazi en Clermont dood nadat ’n huis op hulle ingetuimel het weens ’n fratsvloed. Sowat 100 huise in die woonbuurt Isipingo is oorstroom.
29 November 2011