AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

COP26: Sambreeloplossing vir landbou nie moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Theo de Jager. Foto: Nico van Burick
Dr. Theo de Jager. Foto: Nico van Burick
Die wêreldboere-organisasie (WFO) wil die boodskap duidelik tuisbring by die klimaatberaad COP26 dat daar nie ’n enkele, oorkoepelende oplossing vir die landbousektor is om sy bydrae te lewer in die versagting van en aanpassing by klimaatsverandering nie.

COP26 word vanaf 31 Oktober tot 12 November in Glasgow, Skotland, gehou. Me. Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, het gesê dat Suid-Afrika na die beraad gaan met die mandaat om te onderhandel vir die volle toepassing van die Parys-ooreenkoms wat versagting én aanpassing aanpak. Om die doelstellings van die Parys-ooreenkoms te bereik het Suid-Afrika onlangs sy teiken vir koolstofuitsette vir 2030 na 350-420 metrieke ton hersien as deel van die poging om die verhoging van die wêreldwye temperatuur onder 1,5 °C te hou.

Veldtog

’n Afvaardiging van die WFO, gelei deur dr. Theo de Jager, voorsitter van die WFO, sal aan verskeie besprekingsessies deelneem om te beklemtoon dat boere ’n belangrike rol in die oplossing tot klimaatsverandering vervul.

Die organisasie het die Climakers-inisiatief, ’n internasionale projek vir landbou-unies wat nie deel van die WFO is nie, betrek om oplossings te vind. Die organisasie gaan na die beraad met ’n voorstel om te kyk of ’n meetbare projek rondom grondgesondheid en koolstofinhoud in die grond gedoen kan word waar sy lede, honderdmiljoen boere, by so ’n internasionale veldtog betrek kan word.

De Jager sê die WFO het met sy Climakers-inisiatief werksessies wêreldwyd gehou en boere gevra hoe hulle dink hulle ietwat ligter op hul velde, lande en weidings “kan trap” en wat gedoen moet word om kweekhuisgasvrystelling teen te werk. Hulle is ook gevra wat hulle dink gedoen kan word om die lappie grond wat hulle bewerk, in ’n beter toestand aan die volgende geslag oor te dra. “Ons het ons idees uitgeruil met boere elders ter wêreld. Boere leer baie meer by ander boere as by enigiemand anders.”

Verskeie oplossings

De Jager sê die bedoeling is juis dat pleks daarvan dat boere die hele tyd op die verdediging moet wees oor al die aanvalle en uitsprake dat die sektor die grootste sondaar is met klimaatsverandering, hulle tot die aanval kan oorgaan en oplossings voorstel.

“Ons is oortuig daarvan dat die oplossings vir klimaatsverandering in Europa radikaal anders gaan wees as dié in Oseanië, en oplossings vir Afrika is baie anders as dié vir Noord-Amerika.

“Jy kan sê in die Midde-Weste van Amerika moet minder kunsmis gebruik word, want dit besoedel die Mississippi-rivier en die besoedeling spoel uit in die Golf van Mexiko. Jy kan nie sê in Afrika moet minder kunsmis gebruik word nie, want boere in Afrika gebruik nog nie eens 5% van die kunsmis wat gebruik behoort te word om meer te produseer op minder en met minder nie. Ons kan nie Afrika voed nie, omdat ons nog nie by die tegnologie uitgekom het om die soort van opbrengste te lewer wat elders in die mededingende wêreld gelewer word nie.”

Ander aspekte wat ook baie belangrik vir die organisasie is, is dat die landbousektor sy plek by die tafel behou en dat sy stem gehoor word, soos by die vorige berade die afgelope paar jaar. Verder moet die landbou die erkenning geniet as die sektor van die grootste en oudste beroep ter wêreld.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot