AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

COP27: Gaan hulle dit maak?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie: Engela Duvenage
Ter illustrasie: Engela Duvenage
Die Verenigde Nasies (VN) se COP27-klimaatsberaad in Egipte kom vandag ná twee weke se samesprekings en ’n gevingerwysery tussen verskillende lande se amptenare, nie-regeringsorganisasies, waarnemingsgroepe, bewaringsbewustes en aktiviste tot ’n einde.

Teen gisteraand was daar nog nie ’n vergelyk oor hoe ontwikkelde lande geldelike restitusie van tot 100 miljard Amerikaanse dollar aan ontwikkelende lande, ook in Afrika, gaan betaal nie. Die meeste ontwikkelende lande het self min bygedra tot die ontwikkeling van klimaatsverandering, maar gaan in die toekoms erg onder die impak daarvan ly.

Kenners is skepties of gemiddelde temperature teen 2030 wel net tot 1,5 °C warmer as in die pre-nywerheidstyd gehou sal kan word.

“Fossielbrandstofprojekte is besig om die mensdom te kaap,” het mnr. Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die VN, gisteraand herhaal, en ’n beroep om meer grootskaalse hernieubare energieprojekte gedoen. “Al hoe ons die 1,5-teiken gaan haal, is om vrystellings van skadelike kweekhuisgasse daadwerklik te verminder.”

Dis nie net die energiesektor of ontwikkelde lande wat gereeld gedurende amptelike en sygeleenthede by COP27 voor stok gekry is nie, maar ook die landbousektor wat tot ’n derde van alle aardverwarmende metaangasuitsette bydra.

In reaksie het bedryfsverteenwoordigers dikwels in sessies uitgewys hoedat toenemend probeer word om die sektor se klimaat- en omgewingspoor te versag én steeds te sorg dat daar genoeg kos op mense se tafels is.

Een so ’n geleentheid was ’n nuuskonferensie deur die gemeenskaplike mark vir Oos- en Suider-Afrika (Comesa).

In die lig van debatte oor veegetalle het dr. Ruaraidh Petre uitgewys dat omtrent 50% van alle gewasse deur dieremis bemes word, en hoedat veral beeste daarom sentraal staan in die verbetering van gewasstelsels in veral Afrika.

Petre, uitvoerende beampte van die Global Roundtable for Sustainable Beef, wat ook ’n Suider-Afrikaanse tak het, het gesê die landbousektor kry net 2% van alle amptelike ontwikkelingshulp. Hiervan kry veeboerdery 4%. “Dis te min.”

Volgens Petre help projekte soos Hearding 4 Health (’n inisiatief van die Vredesparkestigting wat reeds 1 miljoen hektaar in Botswana, Suid-Afrika en Oos-Afrika dek), en die Soil4Climate-inisiatief in Oos-Afrika en Kenia weiveldgebiede verbeter.

Hy reken verbeterde teelmateriaal en dieregesondheid help om metaangasvrystellings vanaf diere te beperk, én die veebedryf te help groei. Petre is bekommerd oor hoe dieresiektes te midde van klimaatsverandering kan versprei.

Dr. Njongenhle Nyoni van FANRPAN, die netwerk vir die beleidsontleding van voedsel, die landbou en natuurlike hulpbronne in Afrika, het vertel hoedat Chameleon-grondvogsensors suksesvol in Tanzanië, Mosambiek en Zimbabwe gebruik word.

Die kleur waarna ’n sensors verander help selfs ongeletterde boere beter besluit of hul gewasse besproei moet word of nie. Rooi dui op droë grond, blou dat dit goed nat is en groen dat dit klam is.

“In baie gevalle het boere geleer dat hulle minder water, wat ’n skaars hulpbron is, kon gebruik.”

Chameleon is deur die Australiese navorsingsinstelling CSIRO ontwikkel.

“Die landbousektor se weerbaarheid teenoor klimaatsverandering moet eerder binne ’n groter stelsel as in silo’s aangepak word om produktiwiteit te verbeter, armoede te verlig, en die bruto binnelandse produk en lewensomstandighede van vroue te verbeter.”

Prof. Lindiwe Sibanda van die Universiteit van Pretoria se Future Africa-inisiatief het via ’n videoboodskap gesê meer kennis en metodes vanuit Afrika moet gebruik word om versnelde klimaatsverandering te stuit. Ingrepe moet maatskaplik-ekonomiese faktore oorweeg, en ook hoedat ekostelseldienste en die beter bestuur van grond, water en energie volhoubare ontwikkeling kan ondersteun.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot