AFGRI
BEAN
27 Me
-
9772
0,00
CORN
27 Me
-
4750
0,00
SOYA
27 Me
-
9222
0,00
SUNS
27 Me
-
11016
0,00
WEAT
27 Me
-
8150
0,00
WMAZ
27 Me
-
4543
0,00
YMAZ
27 Me
-
4630
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Covid-19: Veilings en markte vlot (redelik) in pap ekonomie

akkreditasie
Foto: Brand Republic,
Foto: Brand Republic,
Veilings en bedrywighede op varsproduktemarkte vlot betreklik goed ten spyte van die land se ekonomie wat onder kwaai druk verkeer weens die beperkende maatreëls om die verspreiding van die Covid-19-virus aan bande te lê.

Mnr. Francois Knowles, registrateur van die landbouprodukte-agenteraad (Apac), sê ondanks twee onlangse voorvalle van die koronavirus by ’n veiling en ’n varsproduktemark is protokolle vir dié bedrywe gereed. Danksy goeie bestuur gaan sake op veilings en markte as noodsaaklike dienste voort.

Apac reguleer agente in die bedrywe vir vars produkte, lewende hawe en uitvoer.

In die jongste voorval is ’n produsent wat vee na twee veilings op Kroonstad vervoer het terwyl hy Covid-19 onder lede gehad het, opgespoor en behandel. “Die man, wat nie deel van die veilings was nie en gevolglik min kontak met mense gehad het, is ingevolge die veiligheidsprotokol getoets,” sê Knowles.

Sedertdien is geen nuwe gevalle van moontlike Covic-19-besmetting onder mense wat die veilings bygewoon het, aangemeld nie. Die veilings word weekliks voortgesit. In ’n ander voorval is ’n kassier van die Pietermaritzburgse varsproduktemark positief vir Covid-19 getoets.

Knowles ontken mediaberigte dat die mark gesluit is nadat sy siek geword het. “Dié mark se bedrywighede gaan soos normaal voort met inagneming van die toepassing van die veiligheidsprotokol om markgangers se veiligheid te verseker.”

Die maatreëls van die Apac-protokol vir veilings bepaal onder meer dat nie meer as 50 mense ’n veiling mag bywoon nie, handreinigingsgeriewe moet strategies geplaas word, persoonlike kontak tussen mense moet vermy word, en oppervlakke wat aangeraak word, moet gereeld ontsmet word.

Soortgelyke maatreëls ter voorkoming van die verspreiding van siektes deur middel van kontak geld by varsproduktemarkte.

Intussen word veilings in die Noord-Vrystaat voortgesit en dieselfde neigings van die eerste week van die tyd van inperking geld. Die veilings word op kleiner skaal voortgesit of vind glad nie plaas nie. Derhalwe kan net prysneigings weergegee word en nie akkurate pryse nie.Die prys van diere wat dadelik geslag kan word, bly goed, in teenstelling met die prys van speenkalwers en stoorlammers. Waarnemers op die veilings sê die prys van diere wat afgerond moet word, is onder druk weens die onsekerheid oor die lewendehawemark oor die volgende drie maande. Die informele mark het drasties gekwyn, hoofsaaklik omdat groot begrafnisse en byeenkomste verbied word.

Aanduidings van die beste pryse (per kg lewende gewig) vir lewende hawe in die Noord-Vrystaat (Dinsdag, 7 April), was: beeste: speenkalwers R30; A-klasse R26,50; vet koeie (C-klas) R20,50; slagbulle R21; en skape: slaglammers R33 en vet skape R25,50.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is wat jy sien net ek.
Ek sien net die mooi in mense en in die lewe raak. Ek kannie kwaad bly vir iemand nie want die lewe is te kort. Wie ooit my hand vat, los ek dit nie maklik nie. Ek lewe vir...
Gee my n PLEISTER vir my siel....
Gelukkig op die plaas en perde. ek Kan my eie band ruil en self gate boor. Hou van Lees Meer as TV kyk
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot