AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

DA-hoofsweep looi Landbouminister

Die Departement van Landbou verkondig teenstrydighede en die leiers doen nie wat hulle predik nie, het die DA se hoofsweep gesê.

'n Plan vir die landbou bestaan nie, die minister en sy adjunk stuur teenstrydige boodskappe uit en regeringsleiers doen nie wat hulle predik nie, het mnr. John Steenhuisen van die Demokratiese Alliansie (DA), gesê.

Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het tydens die begrotingsdebat oor landbou, bosbou en visserye gesê die minister verkondig wyd hoe hy beplan om met boere saam te werk, maar sy adjunk-minister soek hulle grond.

Hy het verwys na die ANC se "goeie storie"-veldtog, maar gesê die storie wissel te veel. "Ons Minister van Arbeid loop rond en maan almal om hul werkers goed te betaal, maar die Minister van Landbou betaal sy werker minder as die minimumloon. Die Departement van Landbou vertel almal hoe om te boer, maar me. Thandi Modise, 'n lid van die Regering, kan nie haar plaas behoorlik bestuur nie," het hy onder ontevrede uitroepe van ANC-lede gesê.

Steenhuisen meen een van die grootste probleme van die Departement van Landbou is dat dit vir jare sonder 'n amptelike plan gewerk het. "Dit het dit vir ons moeilik gemaak om die departement se sukses te meet of hulle verantwoordbaar te hou."

Hy sê die departement praat graag oor  voedselsekerheid, maar glo dat dit nie bereik gaan word solank daar onsekerheid oor grondhervorming is, en kommersiële boere daarom nie in die landbou wil belê nie. Dis ook 'n probleem dat daar so min sinergie tussen die Departement van Landbou en die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is, want "Nkwinti saai onsekerheid terwyl julle meer sekerheid probeer saai".

Steenhuisen het voorgestel dat die "volgehoue demonisering" van boere stopgesit moet word, en gesê die Departement van Landbou moet besef dat dit onmoontlik gaan wees om sy doelwitte te bereik sonder om kommersiële boere te betrek. Dit sal volgens hom ook help as daar iets gedoen kan word om die gebrek aan boerdery-ondervinding en praktiese vaardighede by voorligters te verbeter.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot