AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9688
34,00
CORN
30 Jan
-
4590
-2,00
SOYA
30 Jan
-
9460
-75,00
SUNS
30 Jan
-
11400
-92,00
WEAT
30 Jan
-
6725
75,00
WMAZ
30 Jan
-
4480
-50,00
YMAZ
30 Jan
-
4615
-20,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

DA laat Zuma loshande druip

Die president druip die DA se toets loshande, maar sy landbouministers kry goeie punte!

Pres. Jacob Zuma het vanjaar die slegste punt nóg in die DA se jaarlikse beoordeling van die Kabinet gevaar.

Die DA gee hom slegs een uit tien. Volgens die mnr. Mmusi Maimane, die DA se leier in die Parlement, is die werklikheid dat Zuma nie net druip as die president van die land nie, maar dat die meerderheid van sy ministers óók druip.

Die rede vir dié lae punt is onder meer die president se onwilligheid om vrae in die Nasionale Vergadering te beantwoord. “Pres. Zuma het sedert November 2013 nie ‘n hele reeks vrae in die Parlement beantwoord nie, wat strydig is met die reëls van die Parlement, wat van hom verlang om dit een keer per termyn te doen.”

Zuma het ook elke moontlike poging aangewend om verantwoordbaarheid vir die Nkandla-kwessie te ontduik, sê Maimane. Ander redes wat uitgelig is, is die energiekrisis waarin die land is, die R30 miljard wat jaarliks weens bedrog en korrupsie verloor word, die polisiëring van die staat se kommunikasiedienste asook onafhanklike instellings binne die strafregtelike stelsel.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en mnr. Gugile Nkwinti, het vanjaar baie goed gevaar. Hierdie is Zokwana se eerste beoordelingsjaar en hy het met 'n vyf uit 10 weggespring. Sy voorganger, me. Tina Joemat-Pettersson, het verlede jaar 'n F-simbool gekry. Toe sy as Minister vir die portefeulje in 2009 aangestel was, het sy 'n B gekry, die daaropvolgende jaar 'n E en die jare daarna 'n F.

Zokwana kry sy goeie punt vanweë die pluimpie van die ouditeur-generaal dat hy beter bestuurspraktyke in sy departement ingestel het. Hy is ook oor die algemeen oop vir bydraes van die DA, maar het baie min beleidsvoorstelle voorgestel om sy departement te verbeter. Die Fetsa Tlala-voedselprogram, wat gebruik word vir ANC-verkiesingsveldtogte, is egter die meulsteen om sy departement se nek.

Nkwinti antwoord sy parlementêre vrae redelik volledig en is oop vir parlementêre oorsig. Maar die DA is erg bekommerd oor die vaagheid oor die werksaamhede by die Ingonyama Trust. Maar een van die grootste flaters wat Nkwinti vanjaar begaan het, was sy onwerkbare voorstel van 'n afdwingbare 50/50-grondeinaarskap tussen plaaseienaar en werkers, wat vernietigende gevolge vir belegging in boerdery gehad het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.24
-0.2%
Rand - Pond
21.35
+0.1%
Rand - Euro
18.73
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.21
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,013.48
+0.1%
Palladium
1,639.75
-0.4%
Goud
1,923.43
-0.3%
Silwer
23.61
+0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,096
-0.9%
Alle aandele
80,066
-0.9%
Hulpbronne 10
77,373
-0.6%
Industriële 25
102,513
-1.3%
Finansiële 15
16,273
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Mooie meisie wil jou geluk wees
Ek lag graag. Hou van diep geselskap. Diere en see. Ek is nogal warnbloedig. Hou van happy wees. lewe geniet
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot