AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

DA vra nuwe grondhervormingsbeleid

Om Suid-Afrika se grondhervormingsproses suksesvol te maak is ’n totale nuwe strategie nodig, sê die DA.

Om Suid-Afrika se grondhervormingsproses suksesvol te maak is ’n totale nuwe strategie nodig, sê die Demokratiese Alliansie (DA).


Luidens ’n verklaring het die party Maandag (12 Desember) sy kommentaar oor die wetsontwerp ingehandig.


Die party meen dat die groenskrif oor grondhervorming, soos dit tans daar uitsien, nie die Regering se mikpunte sal bereik nie en dat bitter min daarvan te redde is.


“Die waarheid is dat mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, moet terugkeer na die tekenbord as hy meer suksesvol as sy voorgangers wil wees.”


Die party se kommentaar bevraagteken ook die grondwetlikheid van die grondbestuurskomitee en die grondwaardeerder-generaal wat in die groenskrif voorgestel word.

“Ons vra ook of die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming steeds nodig is, aangesien die groenskrif so baie van die departement se funksies aan verskeie komitees en nuwe strukture toewys.”


Belangrike vrae

Volgens die party laat die groenskrif baie belangrike vrae onbeantwoord.


Dié vrae sluit in:


Wat is die Regering se strategie vir die herstrukturering van kommunale grondregte?

Wat sal die departement doen om te verseker begunstigdes ontvang doeltreffende ondersteuning?

Wat sal die rol van staats- en openbare grond in ’n geïntegreerde grondhervormingsmodel wees en wanneer sal die staat se grond-oudit voltooi wees?

Hoekom is die staat ’n voorstander van die regulering van grondeienaarskap deur buitelanders?

Hoe sal die voorgestelde beperking op private grond-eienaarskap daar uitsien?

Wat is die spesifieke voorstelle ten opsigte van die beginsel van gewillige koper/gewillige verkoper?

Wat gaan gedoen word om die prestasie en vermoë van die departement te verbeter?

Hoe gaan die staat reageer op die groeiende vraag na residensiële grond deur ’n samelewing wat ál meer verstedelik?


Werkgroepe

Die party versoek in sy kommentaar die departement om kundiges, die burgerlike samelewing en alle relevante belanghebbendes in te sluit in ’n proses om ’n behoorlike strategie vir Suid-Afrika se grondhervormingsproses saam te stel.


Die DA meen dat die ses werkgroepe wat tans na die situasie kyk nie die uitdaging behoorlik kan aanpak nie, aangesien hulle binne die grense van die reeds bestaande dokument moet werk, terwyl ’n nuwe strategie juis nodig is.


“Hierdie is ’n gulde geleentheid om eens en vir altyd ons grondhervormingstrategie reg te kry. Die Regering moet afsien van sy dogmatiek en fokus op innoverende, volhoubare en praktiese oplossings om diegene by te staan wat vroeër toegang tot grond geweier is,” lui die verklaring.


12 Desember 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot