AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4517
-13,00
SOYA
30 Mrt
-
8230
-13,00
SUNS
30 Mrt
-
8836
17,00
WEAT
30 Mrt
-
6500
20,00
WMAZ
30 Mrt
-
3959
9,00
YMAZ
30 Mrt
-
4020
-7,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Dagga-wetsontwerp is irrasioneel, sê Saai

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die dagga-wetsontwerp moet sonder versuim gewysig word om wettige handel toe te laat en amptenare se magte te beperk.

Saai, die netwerkorganisasie vir familieboere, sê die dagga-wetsontwerp is só irrasioneel as wat dit sou wees om alkoholverbruik te wettig, maar slegs indien individue hul eie “mampoer” in 100 liter-vate brou.

Die organisasie het dokumente ingedien om beswaar te maak teen elemente van die Wetsontwerp op die Private Gebruik van Dagga. Mnr. Francois Rossouw, uitvoerende hoof, sê Saai bevorder ’n gewettigde en noukeurig gereguleerde daggabedryf wat ekonomiese groei ’n hupstoot gee terwyl skade beperk word.

Hy sê in September 2018 het die Grondwethof die parlement opdrag gegee om “grondwetlike gebreke” binne 24 maande reg te stel, maar 44 maande later is nog niks gedoen nie. Die dagga-wetsontwerp maak sake nog erger deur feitlik alle kommersiële aktiwiteite te kriminaliseer en terselfdertyd algemene “kommersiële aktiwiteite” wat met kannabis verband hou, “te magtig”. Hierdie teenstrydigheid skep verwarring wat die oppergesag van die reg ondermyn.

“Terwyl die private gebruik, verbruik en verbouing van dagga vir ontspanning deur volwassenes gewettig is ingevolge die reg op privaatheid, word feitlik alle private handel in dagga deur die dagga-wetsontwerp verbied. Dit is irrasioneel. As die publiek toegelaat word om varkvleis te eet, moet die boer toegelaat word om die vleis te verkoop.”

Hy sê net soos met tabak en alkohol wil nie almal dagga gebruik nie. Maar sodra verbruik gedekriminaliseer is, moet die volgende stap wees om die mark te laat werk. “Die wet moet boere toelaat om grond, saad, sonskyn en arbeid te kombineer om ’n produk te verskaf wat sommige volwassenes privaat en verantwoordelik wil geniet. Saai beoog om dié punt vinnig te bereik.”

Saai meen die dagga-wetsontwerp, soos hy nou daar uitsien, sal eerder die gereelde misbruik van dagga in groot hoeveelhede laat toeneem as om die aankoop daarvan in klein hoeveelhede toe te laat. Dít nadat die Grondwethof gewys het op mediese bewyse dat dit veilig is vir volwassenes om af en toe ’n daggazol te rook, maar dat dit gevaarlik is om dit gereeld en in oormaat te doen.

Rossouw sê die dagga-wetsontwerp dwing iemand wat net een daggazol per maand wil rook om ’n hele plant te kweek wat 500 zolle per oes kan lewer.

“Die absurde, teenstrydige regulasies moet ook in die konteks van Suid-Afrikaners se twee grootste probleme – werkloosheid en korrupsie – verstaan word. Hoe meer teenstrydighede daar in die wet is, hoe meer diskresionêre magte word aan amptenare gegee, en hoe stadiger met eenvoudige wetgewing gevorder word, hoe meer geleentheid is daar vir staatsamptenare om besighede af te pers om lisensies te bekom.

“Om dit te vermy, moet die dagga-wetsontwerp sonder versuim gewysig word om wettige handel toe te laat. Amptenare moet geen sê daaroor hê nie, en laboratoriums moet onafhanklik deur produsente gebruik word om produkte vir toksisiteit te toets.”

Saai meen die regering se belofte van 130 000 wettige werksgeleenthede in die plaaslike daggabedryf word waarskynlik oorskat, maar met meer as 12 miljoen werklose volwassenes in veral landelike gebiede kan tienduisende werksgeleenthede geskep word as die dagga-wetsontwerp volgens Saai se voorstelle gewysig word. “Dit moet ’n voorrangsaak wees,” sê Rossouw.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+0.1%
Rand - Pond
22.34
-0.2%
Rand - Euro
19.61
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
971.41
+1.2%
Palladium
1,458.37
+0.7%
Goud
1,967.77
+0.2%
Silwer
23.61
+1.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,266
+0.6%
Alle aandele
76,891
+0.5%
Hulpbronne 10
67,563
+1.4%
Industriële 25
103,595
+0.3%
Finansiële 15
15,655
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot