AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Damme eintlik ‘keerwalle vir jare se vloede’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Suid-Afrika se damme bevat miljarde tonne water en stuit as gevolg daarvan eintlik jare, in sommige gevalle dekades, se vloede, sê prof. Anthony Turton van die sentrum vir omgewingsbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarom is dit só katastrofies as ’n damwal breek.

Turton het gedurende die naweek in ’n onderhoud met die SAUK gesê ’n agterstand in die verwerking van veiligheidsverslae sedert 2017 weens ’n tekort aan kapasiteit by die departement van water en sanitasie is grotendeels die oorsaak daarvan dat die meeste van die land se damme nie aan veiligheidsvereistes voldoen nie.

Die departement van water en sanitasie het onlangs in die parlement onthul dat slegs twee van die 20 grootste damme wat deur die departement besit word, aan veiligheidsvereistes voldoen. Dit vorm volgens Turton deel van die algemene stand van sake wat die agteruitgang van Suid-Afrika se nasionale infrastruktuur betref.

Turton het gesê damme is inherent gevaarlik aangesien hulle miljarde tonne water bevat. “Vloede is ernstig en gevaarlik. Damme hou jare of selfs dekades se water terug. As ’n damwal breek, is dit katastrofies. Daarom moet daar hoë vlakke van veiligheid rondom damme wees.

“Suid-Afrika is een van die 20 lande in die wêreld met die grootste damme. Hoe groter die dam, hoe groter die risiko. Daarom móét daar aan veiligheidsvereistes voldoen word.”

Hy het vertel hoe ’n besoek aan die Gariepdam se dammuur onderstreep het waarom onderhoud aan damme noodsaaklik is – maar tans nie voldoende gedoen word nie. “Dit was ’n vreesaanjaende ervaring. Die hele dammuur het geskud en gesis en gedreun.

“Die Laingsburg-vloed van 1988 is deur ’n enkele reënbui veroorsaak. Verbeel jou wat sal gebeur as ’n vloed gelykstaande aan verskeie jare se reënval voorkom. Dit kom met soveel krag by die rivier af dat dit allerhande dinge saamsleep – bome, karre en klippe. Dit word soos ’n stormram en niks kan in sy pad staan nie.”

Tekort aan vaardighede ’n nasionale kwessie

Turnton het gesê die land se damme is gebou deur ingenieurs wat weet hoe om hulle te onderhou. Die meeste van dié ingenieurs is nou in die private sektor en word nie meer by die onderhoud van die damme betrek nie.

Kontrakte vir die onderhoud van damme word volgens Turton nou eerder met byvoorbeeld Chinese maatskappye gesluit. “Dit omseil die plaaslike vaardigheidsbasis en veroorsaak uiteindelik dat dit verswak word. Suid-Afrika beskik tans oor slegs 20% van die vaardighede wat dit in die 1980’s gehad het. Die res is weg.”

Daarom werk die sentrum van omgewingsbestuur saam met die Suid-Afrikaanse besigheidskamer om die vaardighede wat wel nog beskikbaar is, te konsolideer.

“Ons beskou dit as ’n nasionale bate. Hierdie is mense met tegniese vaardighede, maar hulle vorm deel van maatskappye. As dié maatskappye nie kontrakte ontvang nie, kan hulle nie volhoubaar wees nie en dan migreer hulle na waar daar vir hulle werk is. Dit is dan wat ’n mens die stadige uitvloei van professionele mense, tot die land se nadeel, beleef. Dít is ’n nasionale kwessie.”

Thorton het vandag aan Landbou.com gesê dat net omdat ’n dam nie aan veiligheidsvereistes voldoen nie, dit nié beteken dat daardie dam ’n gevaarlike dam is nie.

‘So veilig soos ons kan wees’

Mnr. Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, het vandag tydens ’n onderhoud met Newzroom Afrika gesê die departement se voorlegging aan die parlement het gekonsentreer op wat sou gebeur as iets by 286 van die 323 damme wat die departement bestuur, sou skeefloop. Daar is spesifiek na dié damme gekyk as gevolg van hul grootte en risiko om skade te rig.

Veiligheidsverslae oor damme moet volgens hom elke vyf jaar by die departement van openbare werke se kantoor van damveiligheid ingehandig word. Volgens hom kan die direkteur-generaal besluit om dié periode tot 10 jaar te verleng. Die verslae word gebruik om ’n similasie te doen van wat kan gebeur as ’n dam se wal sou breek.

“Die rede waarom daar nie aan veiligheidsvereistes voldoen word nie, het te doen met die aanstelling van ’n goedgekeurde diensverskaffer wat ’n gebrek aan kapasiteit tot gevolg het. Die nodige diensverskaffers moet aangestel word om te verseker dat veiligheidsverslae betyds by die kantoor vir damveiligheid ingehandig word.”

Ratau het gesê die departement werk daagliks om die veiligheid van sy damme te verseker. Daar word ook met die bestuur van infrastruktuur saamgewerk om die nodige gebeurlikheidsplanne op te stel. “Ons is so veilig soos ons kan wees.”

Reën bring opgewondenheid, maar ook kommer

Luidens ’n verklaring deur die departement het die wydverspreide en volgehoue reënval oor die grootste gedeelte van die land, veral die binneland, tot die hoë toevloei van water in belangrike damme in ’n kort tydperk gelei. Aangesien daar verwag word dat die reënval hierdie week sal voortduur, sal die departement die land se damme fyner monitor.

Volgens die departement is die Vaaldam reeds 100,49% vol en styg sy vlak steeds vinnig. Al die dam se sluise is oop. Vrylatings van die dam se water sal oor die volgende paar dae volgens die beskikbare data van die Bo-Vaal-opvangsgebied aangepas word.

Die Vaal-Oranje-stelsel ontvang volgens die departement ook tans ’n groot toevloei. Dit het ’n impak op die Vaal- en die Bloemhofdam. As gevolg daarvan sal water vandag vanuit die Bloemhofdam vrygelaat word.

Hartbeespoortdam in die Noordwes ontvang tans ook ’n groot toevloei en die jaarlikse vrystelling van water vanaf die Phongolodam in KwaZulu-Natal het verlede week Vrydag begin.

Die departement doen ’n beroep op gemeenskappe wat naby damme en riviere woon, om versigtig te wees.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.62
-2.3%
Rand - Pond
21.58
-3.9%
Rand - Euro
18.49
-3.1%
Rand - Aus dollar
12.00
-2.6%
Rand - Jen
0.13
-4.0%
Goud
1,798.96
+1.7%
Silwer
22.49
+1.3%
Palladium
1,899.00
+0.6%
Platinum
1,045.50
+0.8%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot