AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4515
-15,00
SOYA
30 Mrt
-
8215
-28,00
SUNS
30 Mrt
-
8799,8
-19,20
WEAT
30 Mrt
-
6680
1,00
WMAZ
30 Mrt
-
3845
-6,00
YMAZ
30 Mrt
-
4053,2
-12,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

De Ruyter: ‘Kragpryse nog te laag om belegging te lok’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. André de Ruyter. Foto: Carien Kruger
Mnr. André de Ruyter. Foto: Carien Kruger
Suid-Afrikaanse elektrisiteitspryse weerspieël nie die koste daarvan nie en is in die laagste derde van wêreldpryse, sê mnr. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom.

De Ruyter het op die Agbiz-kongres by Sun City in Noordwes gesê elektrisiteit “is nog nie duur genoeg nie. As kragtariewe nie koste weerspieël nie, sal dit nie beleggers lok nie, of hulle sal vir subsidies vra.”

Volgens hom word elektrisiteit ook op groot skaal vermors. Toe hy vir 2,5 jaar ’n Duitse onderneming bestuur het, het hy gesien hoe die ingenieurs daar presies geweet het waarvoor krag gebruik word en hoe goed hulle dit beheer en bestuur. “Ons kan ons energiebronne baie wyser gebruik.”

De Ruyter het gepraat oor Eskom se planne om hernubare energie deel te maak van sy portefeulje en gesê die koste van dié energie het eksponensieel gedaal. In die eerste bodfase vir hernubare energie was die koste meer as R3/kWh, maar die jongste pryse is sowat 36c/kWh. Dit is danksy verbeterings in doeltreffendheid, tegnologiese ontwikkeling en skaalekonomie.

Die prysdaling sal volgens hom ’n reuse-verskil maak aan geleenthede om weg te beweeg van steenkoolgebaseerde energie en internasionale finansiering hiervoor te kry, en terselfdertyd ook nuwe genereringskapasiteit te skep in ’n baie korter tyd as wat dit sou duur vir nuwe kapasiteit vir opwekking met steenkool, gas of atoomenergie. 

Alles bymekaar in Mpumalanga

Mpumalanga is ’n belangrike provinsie hiervoor. Die grootste mark vir energie is in die noordoostelike deel van die land, terwyl die beste son- en windkraghulpbronne in die suidweste is, wat nie goed bedien is met transmissie-infrastruktuur nie.

Om die infrastruktuur te verbeter, sou 8 000 km van nuwe lyne gebou moes word, wat 10 jaar sou duur. “Ons het nie tien jaar om die inbring van nuwe opwekkingskapasiteit te vertraag nie. Die antwoord is om wat ons het, as hefboom te gebruik.”

In Mpumalanga is daar ’n goed ontwikkelde transmissie-infrastruktuur wat tans met steenkool-kragopwekking verbind is. Namate steenkoolkragsentrales daar die einde van hul gebruikstyd bereik, sal dié kapasiteit as netwerktoegang gebied kan word.

“Mense sê Mpumalanga het nie son of wind nie. Dit is eenvoudig nie waar nie.”

De Ruyter het gesê Suid-Afrika se slegste sonkraghulpbronne is beter as die beste in Duitsland, waar groot gebruik van sonkrag gemaak word. Studies toon ook dat Mpumalanga goeie windhulpbronne het.

Die bykomende voordeel is dat mense wat hul werk gaan verloor wanneer steenkoolkragsentrales toemaak, ander werk in hernubare kragopwekking kan kry.

Eskom besit 36 000 ha in Mpumalanga en het onlangs 4 000 ha vir langtermynhuur aan beleggers in hernubare krag aangebied. De Ruyter het gesê hy was in sy skik met die sterk, geloofwaardige aanbiedinge vir altesame 1 800 MW wat tot die netwerk gevoeg kan word, alles net deur private kapitaalbesteding.

Dit is egter nodig dat Eskom vir hernubare kragverskaffers toegang tot die netwerk moet kan gee. De Ruyter het gesê hy plaas baie druk op Eskom se eenheid vir netwerktoegang oor die verwerking van aansoeke.

Dr. John Purchase, onafhanklike raadgewer in die landbou, het in vraetyd gesê landboubesighede is gereed om in kragopwekking te belê, maar daar is probleme met netwerktoegang en die praktyk bekend as wheeling.

De Ruyter het in antwoord hierop gesê Eskom se wheeling-raamwerk is welbekend en goed gevestig. Die kragverskaffer het al ooreenkomste hiervoor gesluit, maar die regering behoort met beleid by munisipaliteite in te gryp om hul netwerktoegang te harmoniseer om dit vir onafhanklike verskaffers makliker te maak. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.1%
Rand - Pond
22.37
-0.3%
Rand - Euro
19.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.16
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
971.41
+1.2%
Palladium
1,458.37
+0.7%
Goud
1,967.32
+0.2%
Silwer
23.62
+1.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,319
+0.6%
Alle aandele
76,933
+0.6%
Hulpbronne 10
67,641
+1.5%
Industriële 25
103,800
+0.5%
Finansiële 15
15,604
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot