
Luidens ’n verklaring het die stygende koste van veengrond, saad, ammoniumsulfaat en verpakking daartoe gelei dat die maatskappy se pryse aan sy handelsvennote met 10% tot 11% moes toeneem. Dié besluit is ook geneem om die hoë gehalte van die maatskappy se produkte te verseker.
“Ons werk steeds nou met ons kleinhandelsvennote saam om hierdie koste te bestuur. Ons het ook in kragopwekkers belê om die impak van kragonderbrekings te versag.”
Die toename in prys het egter geen impak gehad op die gewildheid van sampioene onder gesondheidsbewuste verbruikers nie. Volgens Denny slaag die maatskappy daarin om by te bly by verbruikers se vraag.