Mnr. Sarel Pretorius, voorsitter van die landelike veiligheidskomitee van Agri Noordwes, sê misdaad is deesdae baie meer georganiseerd en dit het ongelukkig ’n lonende bedryf geword. “Daar is jaarliks ’n verhoging in kleinveediefstal van 16 Desember af. Grootveediefstal neem weer drasties toe in Maart tot Mei.”
Mnr. Uys van der Westhuizen, landelike veiligheidshoof van Agri SA, sê diefstal van plaasinfrastruktuur en kommoditeite soos vrugte en neute neem ook in Desember toe.
Pretorius beaam dat die diefstal van groenmielies en ander eetbare gewasse in dié tyd landwyd toeneem. Hy sê smouse speel hier ’n groot rol, saam met bonusse wat in Desember uitbetaal word. “Dan is meer geld beskikbaar om gesteelde produkte aan te koop, en daarmee saam verhoog dit die aanvraag.”