AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Deurbraak oor grond by Agri SA se kongres

Mnr. Gugile Nkwinti het op Agri SA se kongres verras deur sy voorbereide toespraak opsy te skuif en Agri SA se plan oor grondhervoming met entoesiasme te aanvaar.

Die verskil tussen Agri SA se nuutste grondhervormingsplanne en vorige voorleggings, is dat hierdie plan ’n sterk maatskaplike element het. Só sê die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, mnr. Gugile Nkwinti, net nadat hy kongresgangers by Agri SA se kongres aangenaam verras het deur sy voorbereide toespraak opsy te skuif en Agri SA se plan met entoesiasme te aanvaar.

“Die belangrike aspek van hierdie pragtige plan is dat dit uiteensit hoe ons die mense wat op die land bly, se maatskaplike toestande gaan verbeter. Ek het baie waardering daarvoor want ek weet dit kon nie vir Agri SA maklik gewees het nie, want Agri SA is, soos die ANC, ’n huis met vele kamers.”

Nkwinti het gepraat net nadat Agri SA se voorsitter, mnr. Johannes Möller, Agri SA se “rigtinggewende beginsels en voorstelle” oor grondhervorming uiteengesit het, en me. Sandy la Marque, die sameroeper van Agri SA se Tegniese Taakspan oor Grondhervorming, ’n voorlegging gemaak het.

Möller het in sy toespraak gesê Agri SA stel ’n holistiese benadering voor tot elke grondhervormingsprojek en dat elke saak op sy eie meriete en met inagneming van sy eie kompleksiteite te benader: “Voorstelle vir grondhervorming moet boere en landelike bewoners bemagtig om hulle eie toekoms te bepaal. Dit moet lei tot die verbreding van die aantal persone uit voorheen benadeelde gemeenskappe wat eiendomsreg van landbougrond het en bydra tot die voorsiening in die groeiende vraag na voedsel.”

Hy het verder gesê Agri SA verbind hom om voorstelle te ontwikkel en toe te pas waardeur die landbougemeenskap ’n leidinggewende rol speel by volhoubare grondhervorming, die ontwikkeling van entrepreneurskap en die maatskaplike opheffing en ontwikkeling van plaaswerkers en plaaswerkergemeenskappe. Hy het beklemtoon dat hierdie voorstelle moet voortbou op hoofstuk 6 van die Nasionale Ontwikkelingsplan.

In die verslag van die Tegniese Taakspan, wat La Marque, van Kwanalu voorgelê het, is ’n sterk klem dat elke saak op eie meriete benader moet word en dat ’n unieke of alternatiewe model gebou kan word om elke saak te hanteer.

Die plan stel ’n klomp beginsels voor: Grondherverdeling moet uiteenlopende eienaarskap van landbougrond bevorder, elke projek moet omvattende ondersteuningstrukture hê, die kapasiteit van nuwe boere moet gebou word, daar moet deeglik en met vertroue gekonsulteer word, die regte vennote moet gekies word, entrepreneurskap moet bevorder word en die tydsberekening moet reg wees.

Die Tegniese Taakspan het ’n maatskaplike akkoord voorgestel wat ’n hersiening van die behuisingskode van menslike nedersettings en ’n verbintenis aan ’n respek vir menseregte mag insluit.

Die kongres het ook met ’n stemming ’n mandaat gegee dat voortgegaan kan word met onder andere volhoubare grondhervorming onder gesonde vryemark sake-beginsels onder die grondwet. Verder het die kongres hom verbind tot ’n goed geïmplementeerde en suksesvolle grondhervormingsproses wat sal lei tot ’n stabiele, lewensvatbare en winsgewende landbousektor wat, op sy beurt, sal help om die landbou-ontwikkeling en geleenthede in kommunale en ander onderontwikkelde gebiede te ontsluit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,708.33
-0.3%
Silwer
20.65
-0.0%
Palladium
2,269.47
+0.3%
Platinum
930.55
+0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,341
-0.1%
Alle aandele
65,734
-0.2%
Hulpbronne 10
63,419
+0.2%
Industriële 25
79,722
-0.4%
Finansiële 15
14,017
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot