AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4434
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8140
-83,00
SUNS
24 Mrt
-
8714
-141,00
WEAT
24 Mrt
-
6400
43,00
WMAZ
24 Mrt
-
3838
51,00
YMAZ
24 Mrt
-
4017,6
21,60
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Didiza: ‘Eskom moet landbou as noodsaaklik sien’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Die regering gaan meer baat vind by ondersteuning aan die landbou tydens die kragkrisis as wat dit hom gaan kos.

“Ons het met Eskom vergader om te kyk hoe ons dit meer bestuurbaar kan maak vir die boerderybedryf en hoe Eskom die landbou as ’n noodsaaklike bedryf kan sien, soos wat hy vir die gesondheidsorgbedryf oplossings gevind het,” het me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, tydens die jaarlikse Hop Harvest-toer op George gesê.

Me. Zoleka Lisa, vise-president van korporatiewe sake by SA Brouerye, sê die 1 227 boere wat aan die maatskappy lewer, steier tans weens beurtkrag.

“Ons kan dit nie ligtelik opvat nie. Ja, as private sektor soek ons na beleggings in alternatiewe energie en ons het reeds sonkragstelsels by ons brouerye en waar moontlik word met sonkrag besproei. Maar met die huidige krisis moet ons na ’n manier soek om die bedryf te beskerm.”

Volgens Didiza het die ministeriële beurtkrag-taakspan wat haar portefeuljekomitee op die been gebring het, reeds dividende opgelewer.

Hulle het onder meer versoek dat gekonsentreerde besproeiingsareas aan minder ernstige beurtkrag onderwerp word. Luidens die taakspan se ondersoek bestee kleinskaalse boere tans sowat R10 000 per maand aan diesel en kommersiële boere omtrent R100 000 per maand.

“Alle besighede kanaliseer kapitaal weg van uitbreiding om eerder in rugsteun-kragopwekking te belê. Vrugte, groente en gewasse kan kleiner opbrengste lewer weens beurtkrag, die melk- en pluimveebedryf is swaar getref en werklike, tydelike tekorte is moontlik vir dierevoer en verpakking. Verbruikers sal waarskynlik die impak van verhoogde koste meer voel as beskikbaarheid.”

Didiza het gesê Eskom het sekere voorstelle gemaak, wat reeds aan die bedryf oorgedra is. Dit sluit onder meer inkorting in, wat beteken boere stem in vir meer beurtkrag op sekere tye van die dag, maar geen beurtkrag wanneer hulle moet besproei nie.

“As regering het ons saamgestem dat ons die bedryf moet bystaan. Die opbrengste sal baie groter wees as die belegging wat die regering kan maak om die bedryf te ondersteun.”

Haar departement is ook in gesprek met die tesourie oor die voorgestelde belastingverligting weens beurtkrag.

“Ons kyk wat ons uit ons eie begroting kan doen om in te gryp tot so ’n mate dat ons met sake kan voortgaan.”

Vat hande

Volgens Didiza sal betekenisvolle vennootskappe tussen die regering en private sektor moet help om die knoop deur te hak – nes dit die geval was tydens die covid-19-pandemie toe die wyn- en bierbedryf gebuk gegaan het onder ’n verbod op drankhandel.

“As regering is dit ons rol om ’n instaatstellende omgewing te skep deur beleid en regulasies, maar op die ou end is dit boere, landboubesighede en plaaswerkers wat die bedryf sal laat oorleef. As ons in betekenisvolle vennootskappe saamwerk, kan meer bereik word in die bedryf en in ons ekonomie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.21
-0.7%
Rand - Pond
22.31
-0.3%
Rand - Euro
19.64
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.13
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-1.2%
Platinum
981.46
-0.3%
Palladium
1,412.24
-0.7%
Goud
1,987.18
-0.3%
Silwer
23.11
-0.0%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,161
-1.3%
Alle aandele
74,658
-1.2%
Hulpbronne 10
63,761
-2.2%
Industriële 25
101,863
-0.8%
Finansiële 15
15,219
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Introvert tot ek gemaklik is. Omgee mens. Onafhanklik en soek my beste maat.
Ek is netjies op myself en my huis. Ek het n passie vir DIY. dit hou my besig. Ek hou van dans, braai en kuier maar ook om te ontspan voor die tv. Ek geniet kuns markte en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot