AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Die gevare van oorgerustheid

Doen wat jy kan met wat jy het, waar jy is, want anders kan jy die slagoffer word van analitiese verlamming, sê dr. Kobus Laubscher.

Die bekende Winston Churchill het by geleentheid opgemerk dat dit nie die einde is nie, ook die begin van die einde nie, maar dalk die einde van die begin! Die landbou kan nie bekostig om sy greep te verslap om eindes te maak van die begin nie. Met reënvalpatronne wat grootliks genormaliseer het in die grootste somerreënvalgebiede, kan daar nie nou op ons louere gerus word nie.

Baie uitdagings kyk die landbou en veral beleidmakers in die oog. Ten einde te kan werk met oplossings vir ou en nuwe uitdagings is ’n prosesbenadering die vertrekpunt. Die einde van die pad waaraan gebou moet word terwyl daarop geloop word, kan niks minder wees as ’n belangriker rol vir landbou in enige poging tot versnelde ekonomiese groei nie.

Hiervoor is die sogenaamde “root cause analysis” die aangewese ding. Direk vertaal beteken dit oorspronganalise en eie aan die betekenis moet daar baie dieper as die oppervlakte gesoek word na oorsake – grondoorsake.

Landbou kan groter bydae lewer

Die landbousektor kan nie voldoende bydra tot ekonomiese ontwikkeling en groei as daar vasgekyk word teen die bydrae op primêre vlak nie. Dit kom neer op betekenisvolle onderstatering. Die landbou verskaf voedsel wat van plaashek tot die vurk van die verbruiker ’n legio ekonomiese aksies aktiveer, waarvan die waarde in die meeste gevalle veelvoudig meer is as die waarde by die plaashek.

Daarmee saam is die landbou ook ’n betekenisvolle verbruiker van insette wat omvorm word tot produkte wat by die plaashek oorgegee word aan ’n verskeidenheid waardekettings. Tydens die droogte, was die aanbod dermate onvoldoende dat verbruikers meer moes betaal om hul behoeftes te bevredig en sekere produkte moes ingevoer word vir daardie doel.

Indiendie landbou se volhoubaarheid versterk kan word, sal dit een van die belangrikste skakels wees vir ’n ekonomie wat meer wil vermag as blote oorlewing. Daarvoor is ’n vriendelike beleidomgewing noodsaaklik. Die landbou word toenemend gemeet aan ’n klomp standaarde, maar gee in die meeste gevalle die pas aan wat produktiwiteit aanbetref.

Dink byvoorbeeld aan die opbrengste per hektaar, gemiddelde kalfpersentasie en verwante maatstawwe. Meer met minder beteken byvoorbeeld dalende arbeidabsorbsie en werkverliese. Geïnduseerde eksterne benadeling is wanneer arbeidwetgewing die landbou se aantreklikheid as werkgewer laat verlore gaan of wanneer storting van goedere, binnelandse markte verwring.

Lae produktiwiteit en swak genetika in lewendehawebedrywe in kommunale gebiede wat produktiwiteit verweer, word verder gestu word deur onvoldoende of afwesige finansiering en produsentondersteuning. Vaardigheidsvlakke van dié boere het dieselfde stremmende gevolge. Die lys van die grondoorsake word langer as behoorlike “root cause analysis” gedoen word.

Slegs wanneer sodanige ontledings eerlik en gestruktureerd gedoen word, kan die regte oplossings ontwikkel word vir behoorlike en proses matige implementering. Ons kan nie toelaat dat die goeie reën die bestaande ondoeltreffendhede onder ’n kombers van oorgerustheid toemaak nie.

Onvriendelike beleid

Wat die beleidomgewing aanbetref, kan veral vyf sulke vyande van versnelde ekonomiese ontwikkeling waarin die landbou die leiding neem, uitgeken word as grondoorsake. Die eerste vyand is onverskilligheid vanaf beleidmakers, veral met die druk van hoë voedselinflasie af ná die goeie reën.

Die tweede vyand staan vierkantig in die pad van geleenthede en skeppende denke, naamlik besluitloosheid. Mens kan dit selfs sien as diefstal van geleenthede. Derdens moet daar gestry kan word teen onnodige twyfel. Saakmakende verskil setel in die vermoë om deurlopend die balans tussen optimisme en skeptisisme te herkalibreer. Twyfel en bevraagteken is nie sinonieme nie.

Die vierde vyand is onnodige bekommernis. Toegegee die eksterne omgewing en uitsprake moet mens bekommerd maak, maar nie immobiliseer nie. Die landbou het werk om te doen en die politieke geraas sal die aandag aftrek, welke blaaskans gebruik moet word om beter te word.

Die laaste vyand is oor-versigtigheid. Ware boere bly pioniers en onder die huidige omstandighede kan onverskrokkenheid dalk na ’n meer matige dapper afgeskaal word. Ten einde die landbou in snelrat te kry en te hou, behou perspektief met klem op uitvoering van aksies om vandag se uitdagings die hoof te bied, maar sonder prysgawe van aanpasbaarheid vir die uitdagings wat kom.

Kortweg beteken dit om te doen wat jy kan met wat jy het, waar jy is, want anders kan jy die slagoffer word van analitiese verlamming.

* Dr. Kobus Laubscher is 'n landbou-ekonoom en voormalige hoofbestuurder van Graan Suid-Afrika.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot