AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Die kaas op jou Big Mac dalk eersdaags van SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die nuwe Sundale-Schreiber-kaasaanleg in die Oos-Londense nywerheidsgebied. Foto: Verskaf
Die nuwe Sundale-Schreiber-kaasaanleg in die Oos-Londense nywerheidsgebied. Foto: Verskaf
’n Fabriek wat skywe kaas lewer is onlangs Oos-London se nywerheidsgebied geopen.

Suid-Afrikaners gaan eersdaags al hoe meer plaaslik vervaardigde kaassnitte op hul Big Mac-burgers kan proe danksy ’n gesamentlike onderneming tussen ’n Oos-Kaapse melkverwerker en ’n groot Amerikaanse melkverwerker.

Die Sundale Dairy van Oos-Londen in die Oos-Kaap het verlede maand, as deel van ’n gesamentlike onderneming met die internasionale maatskappy Schreiber Foods, ’n fabriek wat skywe kaas lewer, in dié stad se nywerheidsgebied geopen.

Dié moderne Sundale-Schreiber-aanleg het R97,1 miljoen gekos. Dit sal verwerkte kaas aan kitskosrestaurante verskaf. Altesaam 70% van dié produk word tans nog ingevoer. Die gesamentlike onderneming verskaf tans ingevoerde kaassnitte aan Burger King en McDonald’s in Suid-Afrika, maar dit gaan vervang word met die aanleg se plaaslik vervaardigde produkte. Plaaslike melk sal gebruik word om vanaf November jaarliks 7 000 ton kaassnitte vir die plaaslike en Afrikamark te vervaardig.

“Ons het iets geskep wat globaal, maar persoonlik is. Ons deel ’n kultuur waar ons altyd ouditgereed is en toegespits is daarop om veilige produkte aan ’n mark te lewer wat konstante gehalte en voedselveiligheid vereis,” sê mnr. Pierre van Rensburg, uitvoerende hoof van Sundale Dairy. Hy voeg by dat sy maatskappy en Schreiber Foods albei die visie het om uitmuntende gehalte, diens en innovering te lewer.

Die gesamentlike ooreenkoms is ’n belegging in die hele verwerkingsproses, van die verwerking van die produk gedurende die kookproses, regdeur tot die gietlyn en omhulselverpakking, wat gedoen word met ingevoerde toerusting uit Italië. Die moderne fabriek is deur Schreiber Foods ontwerp. Behalwe die belegging van R97 miljoen in die aanleg is ’n verdere R50 miljoen in verwerkingstoerusting belê.

Die doelstelling van die fabriek is om ’n uiters skoon spasie te skep in ’n inherent morsige vervaardigingsomgewing, met voedselveiligheid en veiligheid oor die algemeen wat prioriteit sal geniet.

“Die Sundale-Schreiber-aanleg is ’n wêreldklasfabriek wat toon dat Oos-Londen goed geleë is as ’n globale middelpunt vir vervaardiging. Ons mik daarna om globale beleggings na die stad te lok deur ons vennootskap,” sê mnr. Brad McNeely, Schreiber se bedryfsbestuurder van nuwe projekte.

Werksgeleenthede

Die maatskappy stel reeds 530 mense aan en beoog om 600 mense binne die volgende twee jaar aan te stel, met 40 werksgeleenthede wat reeds danksy die vennootskap geskep is.

Die gesamentlike onderneming skep geleenthede vir onder meer voedseltegnoloë, bedryfs- en proses-ingenieurs en tegnici. Dit is ’n welkome hupstoot vir ’n sektor wat staatmaak op uitvoergeleenthede vir volhoubaarheid.

Altesaam 99% van die grondstowwe, verpakking en bestanddele sal plaaslik verkry word, met die oogmerk om 95% daarvan uit die Oos-Kaap te verkry.

Sundale vervaardig reeds ander melkprodukte soos jogurt, botter, kaas, roomkaas en melk onder die Sundale-handelsmerk met melk van 18 plaaslike melkprodusente. Hy het ruimte om nog melkprodusente te betrek.

Screiber Foods is ’n melkverwerker van Amerika met 75 jaar ondervinding in die mark vir verwerkte kaas. Die maatskappy lewer sedert 1969 kaassnye vir die Big Mac. Een van McDonald’s se sleutelvereistes is dat die kaassit aan die burgerfrikkadel en broodrolletjie moet kleef.

“Die eindproduk is sonder preserveermiddels, bevat natuurlike melkproteïene en bied uitstekende funksionaliteit wat lei tot eenvormigheid in kleur en snit van die snye, wat dit ideaal maak vir die kitskossektor,” sê Van Rensburg.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot