AFGRI
BEAN
04 Okt
-
8967
-125,00
CORN
04 Okt
-
4797
-89,00
SOYA
04 Okt
-
8640
0,00
SUNS
04 Okt
-
10165
-15,00
WEAT
04 Okt
-
7192
-7,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4857
-73,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Dié mielie verdra droogtes

Danksy ’n nuwe droogteverdraagsame witmieliebaster kan Afrika mielie-opbrengste van gemiddeld 1,8 ton/ha tot 4,5 ton/ha laat styg.

Dié droogteverdraagsame, konvensionele (DV) wit mieliebaster wat deur die WEMAprojek (Water Efficient Maize for Africa) ontwikkel is, toon byna ongehoorde resultate.

Met die eerste aanplantings verlede jaar in Kenia van dié nuwe kultivar bekend as DroughtTEGOTM het die gemiddelde opbrengs van 1,8 t/ha tot ’n allemintige 4,5 t/ha toegeneem, sê dr. Sylvestor Oikeh van AATF (African Agricultural Technology Foundation) in Kenia en projekbestuurder by Wema.

Hy was die hoofspreker op ’n vergadering wat die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Graangewasse op Jozini in KwaZulu-Natal vir belanghebbendes belê het.

’n Opbrengsverhoging van tot 35% word in matige droogtes met droogteverdraagsame en stronkboorderbestande mieliekultivars in die vooruitsig gestel.

Volgens Oikeh het landbouproduksie van mielies in Afrika vanaf 1961 tot 2003 op 1,8 t/ha vasgehaak vergeleke met die res van die wêreld wat deesdae tot 5 t/ha produseer.

“Teen 2017 word verwag dat meer as 500 000 boere in Afrika die WEMA-basters sal plant. Die verwagte waarde in opbrengs word op meer as $80 miljoen beraam,” het Oikeh gesê.

Die WEMA-projek wat deur die AATF gekoördineer word, word geborg deur die Bill en Melinda Gates-stigting, die Howard G Buffett-stigting, USAid en Monsanto wat die tegnologie tantieme gratis voorsien. Die internasionale sentrum vir die verbetering van mielies en ko ring (CIMMYT) is ’n belangrike rolspeler in die projek.

“Met die WEMA-mielie sal ’n bykomende twee miljoen ton mielies in droogtes geproduseer word om tot 21 miljoen mense in Afrika suid van die Sahara te voed. Meer as 300 miljoen mense in dié streek is afhanklik van mielies as hul hoofvoedselbron,” het Oikeh gesê

Vyf lande is betrokke by die WEMA-projek, naamlik Suid-Afrika deur die LNR, en die navorsingsinstansies van Kenia, Uganda, Mosambiek en Tanzanië.

Dr. Kingstone Mashingaidze, navorsingspanbestuurder vir plantteling en biotegnologie by die LNR se Instituut vir Graangewasse, het gesê twee konvensionele DV-kultivars sal binnekort in Suid-Afrika geregistreer word.

Dit is WE3127, met ’n opbrengsvermoë van tot 7 t/ha in matige droogtes (vroeg tot mediumryp) en WE3128 met ’n opbrengsvermoë van tot 8 t/ha in matige droogtes.

Saad vir die konvensionele kultivars vir die 2014/’15-planttyd is reeds beskikbaar.

Die LNR sal saad vir 5 MT WE3127 op die navorsingstasie Makhathini produseer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.75
+0.5%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.53
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,708.52
+0.5%
Silwer
20.93
+1.1%
Palladium
2,281.00
+2.5%
Platinum
913.00
+0.9%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,035
+2.1%
Alle aandele
65,527
+2.0%
Hulpbronne 10
63,253
+2.6%
Industriële 25
78,989
+1.9%
Finansiële 15
14,046
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot