AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Die rand sal weer versterk, mits...

Dink langtermyn en onthou die waarde van die rand sal korrigeer as negatiewe faktore uit die weg geruim is, herinner 'n ekonoom.

Die koopkragpariteit van die rand is tans uit lyn met Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote. Dit beteken dat goedere en dienste in die land baie goedkoper as in die buiteland is, sê mnr. Dawie Klopper, beleggingsekonoom van PSG Wealth in Pretoria.

Klopper, wat verlede week ’n geleentheidspreker op die Gamtoos-sitrusfees op Patensie was, meen die rand behoort weer te versterk wanneer faktore soos die tekort op die betalingsbalans, die Regering se begrotingstekort,  kragvoorsiening deur Eskom en die mynboustakings aangespreek word.

Hy het gesê Suid-Afrika bied tans “ongelooflike waarde” vir die buiteland hetsy dit vir vakansie is of om sake hier te doen. “Sodra die negatiewe korttermyn-faktore aangespreek en uit die weg geruim word, behoort die waarde van die rand weer te korrigeer.”

Met verwysing na vrese dat die aandelemark binnekort in duie kan stort aangesien dit op rekordvlakke beweeg, het Klopper gesê dit bly belangrik dat beleggers altyd voorsiening maak vir sowat drie jaar se inkomste. “My raad sou egter wees om nou ’n klein bietjie wins te neem, maar beslis nie al jou aandele te verkoop nie. Hou by aandele van goeie gehalte, volg ’n langtermynsiening en moenie paniekerig raak as die mark val nie. Ek sal beslis nie iemand aanraai om nou al hulle geld in die buiteland te belê nie, maar eerder ’n gebalanseerde portefeulje te hou.”

Hy het voorspel dat internasionale rentekoerse op medium termyn laag gaan bly.Weens stygende inflasie mag Suid-Afrika die uitsondering wees wat die Reserwebank noop om koerse weer te verhoog.

Hy meen selfs al sou die mynstakings die week tot ’n einde kom, dit tyd sal neem vir die maatskappy en aanverwante bedrywe wat daardeur geraak is om weer op dreef te kom, maar meen “dit sal ook die begin van beter dae vir die land wees”.

Klopper het gesê hoewel die plaaslike aandelemark vanjaar meer onbestendig as verlede jaar sal wees, hy verwag dat die bulmark sal voortduur. “Ons het reeds in 2012 voorspel dat die Johannesburgse aandelemark tot 64 000 punte kan styg voordat die bulmark tot ’n einde kom. Omdat die huidige prysverdienste van 18 egter duur is, is die enigste manier hoe die beurs weer ‘goedkoper’ kan wees, wanneer maatskappywinste styg. Dit is dus nie so maklik om beleggers nou aan te raai om grootskaals in die aandelemark te belê nie.”

In ’n historiese ontleding van die aandelemark sedert 1900 tot 2013, is bevind dat die mark net in 11 jare met tot 20% gedaal het. In 44 jare was dit onveranderd terwyl dit in 58 van die jare met tussen 10 en 50% gestyg het. In 1933 het die mark verdubbel. “Die groei van 13,2% per jaar vanaf 1960 op die beurs was 7% hoër as die gemiddelde inflasie oor die tydperk. Indien die krag van saamgestelde rente daarby gevoeg word, is daar min beleggings wat meer welvaart sou skep,” het Klopper gesê.

Byskrif onder: Van links is me. Marinda Engelbrecht, mnre. Dawie Klopper van PSG Wealth in Pretoria wat die gasspreker was, Anton du Preez van Nedbank op Humansdorp, Johann Engelbrecht van Kaap-Agri en me. Jeanita Bezuidenhout van Patensie. Die seminaar is in samewerking met die Gamtoos-landbouvereniging aangebied (klik op foto om te vergroot).

1-_TFJ1168REG

Byskrif onder: Van die boere op Patensie wat die geleentheid bygewoon het, is van links mnre. Johan Ferreira van Mooihoek, Jacques en Johan du Preez van Immergroen-boerdery en Tertius en Warren Meyer van Mandaryn-boerdery. Sowat 80 mense het verlede week ’n ontbytseminaar op Patensie bygewoon wat deur Kaap-Agri, Landbouweekblad en Nedbank geborg is. (Klik op foto om te vergroot.)

2-_TFJ1164REG

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-0.4%
Rand - Pond
20.07
+0.3%
Rand - Euro
17.63
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,714.97
-0.1%
Silwer
20.59
-0.2%
Palladium
2,279.50
+0.9%
Platinum
925.50
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,520
+0.5%
Alle aandele
65,945
+0.5%
Hulpbronne 10
63,077
-1.0%
Industriële 25
80,281
+1.3%
Finansiële 15
14,093
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot