AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Die regering het my arm gemaak,’ sê boer op beraad

akkreditasie
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Die DA het onlangs 'n grondberaad aanlyn aangebied.

Die ontwikkeling van ’n land kan nie gegrond word op die verlede nie, dit moet in die hede vir die toekoms gebou word, het prof. William Gumede, spesialis in staatsadministrasie by die Universiteit van Witwatersrand, gesê op die DA se aanlyn grondberaad waar onder meer grondherhervorming deur onteiening met nulvergoeding en voedselsekerheid bespreek is.

Gumede het gesê ongelukkig bereik baie bevrydingsleiers en -bewegings nie die volwassenheid om op die hede te konsentreer om die toekoms te bou nie.

Hy het ’n studie gedoen oor die skade wat onteiening sonder vergoeding aan die ekonomieë van Tanzanië, Zimbabwe en Algerië aangerig het. Hierdie lande se plaaslike ekonomieë is verwoes, voedselsekerheid is in gedrang gebring en die grootste deel van hul begrotings word nou op die invoer van kos bestee.

Hy het voorgehou dat Japan, wat die beste grondhervormingsprogram het wat die wêreld nog gesien het, dit prakties benader het. Vergoeding is betaal by die herverdeling van grond en aan kommersiële plase is nie geraak nie.

In Suid-Afrika moet ook nie met kommersiële boerderye gepeuter word nie. Die 5 miljoen swart boere wat reeds boer, moet die nodige finansiële ondersteuning en mentorskap kry en titelaktes moet aan die boere gegee word.

“Die belangrikste is dat ons grond in KwaZulu-Natal het waarvan 75% deur die koningshuis besit word. Die voor die hand liggende ding is om die grond aan die individue oor te dra en titelaktes aan hulle te gee. Dink net wat dit ekonomies gaan doen.” Hy stel verder voor dat transformasie dan afwaarts in die landbouwaardeketting moet geskied deurdat landboubesighede tot stand gebring en mense só bemagtig word.

Zimbabwe in Suid-Afrika

Die Gwatyu-gemeenskap in die Oos-Kaap pleit al jare lank dat die staat die titelakte oordra vir die 42 000 ha grond, bestaande uit 88 plase, waarop hulle al generasies boer. Sonder ’n titelakte is dit bykans onmoontlik om geskikte finansiering te kry om op groot skaal te boer en die gemeenskap is daarom op bestaansboerdery aangewese.

Me. Thembakazi Gwatyu, voorsitter van die Gwatyu-gemeenskapsvereniging, het gesê mense hoef nie na Zimbabwe te reis om te sien wat gebeur wanneer grond onder voogdyskap van die staat geplaas word nie. “Ons het elke rede tot kommer wanneer hulle praat van voogdyskap van grond onder die staat. Kom na Gwatyu en kyk hier. Jy hoef nie na Zimbabwe te gaan om die ontwrigting te sien wanneer die staat die grond besit nie.”

Sy het benadruk dat hul plase onbewerk lê, nie omdat hulle dit nie wil bewerk nie, maar hulle kan net bestaansboerdery beoefen, want daar is geen infrastruktuur nie en hulle het nie toegang tot water nie. “Ons het alles in ons vermoë gedoen om die grond oorgedra te kry, maar die staat doen alles om ons van ’n titelakte te misgun. Ons kan nie belê nie, ons het nie sekerheid van grondbesit nie, en kan nie eens die grond teen grondbesetters beskerm nie, want ons het nie eienaarskap nie.”

Die staat wil nie eens aan die gemeenskap ’n 30-jaar-huurooreenkoms toestaan nie. Sy het gesê dit is frustrerend om te bly op grond wat nie jou eie is nie.

Beplan vir toekoms

Mnr. David Rakgase (81), wat ná ’n stryd van 18 jaar uiteindelik ’n titelakte vir die plaas Nooitgedacht in Limpopo gekry het, voel trots dat hy die eienaar van sy grond van 3 179 ha is en uiteindelik mooi kan beplan vir die toekoms en sy nageslag.

Hy en sy gesin boer met beeste, skape, bokke, varke en wild.

Hy vertel hy het in vrees gelewe dat sy boerdery nie mooi sal loop nie. “Al die swart boere in Suid-Afrika leef in vrees. Hulle boer nie, want hulle weet die grond behoort nie aan hulle nie en dat hulle enige tyd uitgeskop kan word of van die regering hoor hulle mag nie meer daar bly nie.

“Die regering het my arm gemaak, ek’t geboer met vrees en het nie planne gemaak vir die toekoms nie.” Hy het die DA bedank vir die hulp sodat hy eienaar van sy grond te word.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het voogdyskap van 10 miljoen ha landbougrond. Dit sluit uit ander grond wat in staatsbesit is. Sy het ’n aansoek ingedien om inligting hieroor ingevolge die Wet op Bevordering van Inligting (Wet 2 van 2000) te bekom en wag reeds agt weke om die lys te kry van waar die grond geleë is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
-0.9%
Rand - Pond
19.92
-2.5%
Rand - Euro
17.62
-1.4%
Rand - Aus dollar
11.67
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,662.28
+0.1%
Silwer
18.77
-0.7%
Palladium
2,221.00
+3.3%
Platinum
870.50
+0.5%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.3%
Industriële 25
76,769
-2.2%
Finansiële 15
13,707
-2.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot