AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Die toekoms lê in grond – Gerrit van Zyl

0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
As jy nie vernuwend leef nie, neem jy te veel plek op.

Met die droogte nog vars in die geheue, moet jy die lesse toepas wat jy daaruit geleer het. Pas jou bestuur aan, boer saam met die natuur en pas natuurlike seleksie toe om winsgewend te boer.

Man, die droogte het ons oë, ore en verstand weer oopgemaak. Hopelik dié keer vir altyd. Ek het ’n vriend, Joe Marais, wat altyd sê ons skrik net nie groot genoeg nie. Baie rokers hou ná ’n hartaanval op rook, en dan twee, drie maande later, wanneer hy of sy beter voel, sien jy hom of haar weer met ’n sigaret in die mond.

Dit is ’n bewys daarvan dat ons baie keer nie groot genoeg skrik nie. Ek hoop nie ons gaan ná die droogte weer begin “rook” nie. Moenie dit wat jy geleer het, vergeet nie of dit wat jy besluit het jy gaan toepas of verander, nie doen nie.

Boer sáám met die natuur

Soos die droogte vererger het, het ons duidelik agtergekom watter diere of groepe diere nie die pas kon volhou nie. Hiermee sê ek nie dat beeste van suurstof alleen moet leef nie, maar daar is beslis diere wat die natuur beter hanteer as ander. Ek hoop elkeen het fyn waargeneem watter soort diere dit was.

Die suksesvolle veeboere van die toekoms gaan dié wees wat die huidige wetenskap akkuraat gaan toepas en sodoende die sonenergie (wat die Liewe Vader vir ons verniet gee) winsgewend gaan omskakel in ’n sappige proteïen, naamlik rooivleis.

Die sirkel van die lewe, SONENERGIE > PLANT (fotosintese) > GROND > DIER, is ’n groot, fassinerende wetenskap wat ek nie gaan probeer aandurf nie, maar hoe meer ek lees en by ander leer, hoe meer besef ek die toekoms lê in die grond en álles daarbinne. Hou egter in gedagte dat daar altyd ’n uitsondering op elke reël is.

As ek sê koeie van 10 jaar en ouer sak uit, is daar altyd ’n ou koei by iemand wat nié uitsak nie. Dit is wonderlik, maar sy is ’n uitsondering. As ek sê die rankerige tipe sak uit, is daar mos altyd ’n groot 600 kg-koei by iemand wat spekvet is. Weer is sy die uitsondering.

Groepe wat uitsak 

Volgens my waarneming op die plaas het die volgende groepe uitgesak:

¦ Ouer diere. Ek “bek” gewoonlik nie my koeie nie. Omdat ek elke koei uitskot wat nie beset is of ’n kalf speen nie, glo ek die ouer koei sal haarself uitfaseer wanneer sy nie meer die pas kan volhou nie. As ’n droogtestrategie vir die toekoms kan ’n mens maar alle koeie wat ouer as ’n sekere ouderdom is, as ’n groep identifiseer en verkoop wanneer tye weer moeilik raak. Ek wil nie ’n ouderdom voorskryf nie; elke boer kan daaroor besluit. Daar is baie faktore wat ’n rol speel, waarvan die belangrikste dalk die graad van die droogte is en of jy in ’n kuddeboufase is of nie.

¦ Verkeerde soort diere. Die verkeerde soort dier (groter, rankerig en laat ryp) is ’n ander groep wat eerste uitsak. Ek stel dus voor dat jy seker maak hierdie soort diere word in die toekoms deur seleksie uitgeskakel. Dit sal maak dat jy, wanneer die volgende droogte kom, meer diere sal hê wat langer op die natuurlike weiding kan reproduseer. ’n Goeie begin is ook om die regte soort bulle aan te koop of te hou om in die kudde te gebruik.

¦ Diere met “te veel” melk. Ek het ’n vorige rubriek afgestaan aan hierdie moeilike en emosionele onderwerp (“Syfers najaag kom jou soms duur te staan”, LBW, 20 Mei 2016). Dit is onmoontlik dat suksesvolle beesboerdery net van melkproduksie afhang. As dit so eenvoudig was, kon ons net daarvoor geselekteer het. Die winsgewendheid van ’n vleisbeeskoei is nie net ’n resultaat van die hoeveelheid melk wat sy lewer nie.

¦ Trae besetting. Die ander groep wat uitgesak het toe dit moeiliker geword het, was koeie wat later beset raak tydens hul eerste blootstelling aan bulle. Ek het dit veral by jonger koeie waargeneem. Doen moeite om vervangingsverse te hou uit die verse wat vroeg in die kalftyd gebore is asook die groep wat in die eerste twee siklusse gevat het. Dit is die diere wat vroeër geslagsryp is wat ook beter by die omgewing aangepas is. Selekteer die regte diere so vroeg as moontlik.

Natuurlike weiding die antwoord 

Die goedkoopste voer wat enige beesboer het, is die gras wat natuurlik voorkom. Die oomblik dat ons begin plant of hooimaak, beweeg ons weg van natuurlike weiding. Ek kritiseer niemand omdat hulle “beter” na hul diere kyk nie, maar onthou, ek gaan van die uitgangspunt uit om ’n beesboerdery van die veld af te bedryf.

Jy moet jouself altyd afvra: Is “die beter kyk” nog winsgewend? Jy het ’n keuse: Jy kan óf die omgewing óf die diere verander. Om die diere te verander, is altyd die meer volhoubare, goedkoper manier om dinge te doen. As ons sê ons moet die diere verander, dan is die vraag sekerlik waarin.

Ek meen ’n vleisbeeskoei is fisiologies gemaak om op natuurlike weiding met ’n strategiese lekaanvulling vanaf tweejarige ouderdom elke jaar ’n kalf te speen wat 45-50% van haar eie gewig weeg. Ek weet dit is nie so maklik nie, anders sou almal dit reggekry het. Maar dit moet ons doelwit wees.

Bereik winsgewendheid só

¦ Uitstekende weidingsbestuur wat jou toelaat om die veebelading te verhoog, terwyl die grondvrugbaarheid verbeter. ¦ Gebruik die regte tipe bulle uit ’n jare lange, toegewyde seleksieprogram wat ingestel is op optimale grootte, melk en bespiering, en selekteer uit hul nageslag die eersgebore en/of vroegbesette verse as vervangingsdiere. ¦ ’n Strategiese, wetenskaplike lekaanvullingspraktyk saam met die beleid van boer en laat kalf in harmonie met die natuur. Reproduksie by diere wat lank lewe, soos beeste, is die spreekwoordelike kanarie in die steenkoolmyn: Dit is die eerste ding wat gaan. Dit is ook vir die dier ’n groot fokuspunt. Die dier se biologiese programmering is so dat wanneer dinge moeilik raak (soos in die droogte), is die drang vir oorlewing sterker as vir reproduksie. Daarom kan reproduksie wag tot toestande verbeter. Wanneer die voedingstatus en gesondheid egter weer in balans kom, word reproduksie weer instinktief ’n voorrangsaak.

  • Mnr. Gerrit van Zyl besit die Hanzyl-Bonsmara-stoetery buite Dewetsdorp. Die stoetery het al verskeie pryse gewen. Gerrit skryf dié rubriek in sy persoonlike hoedanigheid. Navrae: E-pos: gerritvanzyl@mweb.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.78
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.58
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,716.66
-0.6%
Silwer
20.67
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
922.00
-1.2%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot