DIÉKANT TOE
Die afgeskeepte en onleesbare padborde op die agterpaaie in die Grootrivierpoort-omgewing in die Oos-Kaap het mnr. Ernie Deyzel, boer van Steytlerville, só gepla dat hy ’n foto daarvan op ’n Facebookgroep vir 4x4-ryers geplaas en borge gevra het. Mnr. George Schaaf, eienaar van LA Sport 4x4 Megastore in Gqeberha, het dit raakgesien en aangebied om die borde te borg. Die pad verby Deyzel se plaas, Schuinspad, is die hoofroete vir mense wat veldry deur die Grootrivierpoort. Lees meer by bit.ly/3tUaMMd. FOTO: VERSKAF
Die toestand van China se winterkoring kan die swakste in die geskiedenis wees, volgens mnr. Tang Renjian, die Chinese minister van landbou en landelike sake.
Reuters berig hy het gesê ongewoon swaar reën verlede jaar het die aanplanting van sowat ’n derde van die gewone koringhektare vertraag.
Volgens ’n opname aan die begin van die winter het die hoeveelheid eerste- en tweedegraadse koring op die lande met 20 persentasiepunte gedaal.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.