Dié mielieland op die plaas van mnr. Pieter Vos by Vosburg in die Noord-Kaap is kaalgevreet deur die sprinkaanplae wat ál wyer in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap versprei.
Teen druktyd het dit boonop geblyk dat die gif waarmee die sprinkane bestry moet word, byna op is, met min reserwes oor, volgens me. Andrea Campher, risiko-en-rampbestuurder van Agri SA.
“Volgens ons bronne is die laaste reserwes van die 600 000 liter gif wat in Desember vir bespuiting afgelaai is, amper gedaan.