Mnr. Willem le Grange, plaasbestuurder by Indigo Fruit Farming buite Mosselbaai in die Wes-Kaap, het vanjaar die Suid-Afrikaanse rekord vir die swaarste pampoen met byna 40 kg verbeter met dié knewel van 904,5 kg op die Heidelberg-pampoenfees op 25 en 26 Maart.
Dit is genoeg vir sowat 20 000 pampoenkoekies. Die pampoen, wat Sophia gedoop is omdat die saad waarmee dit gekweek is uit Spanje kom, is in September 2021 ontkiem en in Oktober uitgeplant.
Gedurende die spitsgroeityd het dit daagliks 20 kg swaarder geword. Mnr. Piet Lotz, wat in 2020 die vorige rekord vir die swaarste pampoen opgestel het, was tweede met ’n pampoen van 839 kg, en me. Elizna Lotz was derde met ’n 730 kg-pampoen.