swaargewig
Dié reuse-os (voor) van mnr. Hugh Ainslie van Bedford in die Oos-Kaap het op die Bathurst-landbouskou weggestap met die prys vir die beste volwasse os in die kommersiële afdeling vir beeste. Die os het die skaal se naald by 1 214 kg laat draai en is vir R43 000 op die skou se vetveeveiling verkoop. Die skou is vanjaar vir die eerste keer sedert 2019 aangebied nadat dit in 2020 en 2021 afgelas moes word weens die covid-19-pandemie. Die os agter van mnr. Charles Muir van Southwell, Makhanda, het die skaal op 1 110 kg laat kreun en is vir R37 500 op
die veiling verkoop FOTO: fredalette uys
Weens die La Niña-stelsel word daar nog tot volgende maand reën in die somerreëngebiede verwag, wat probleme kan veroorsaak met veral die oes van sojabone en sonneblomme, waarsku mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Boere moet dus die korttermyn-weervoorspellings fyn dophou. Boere moet ook terwyl die grond nog nat is, brandbane maak in veral grasveldgebiede, waar daar baie brandbare materiaal is wat van Julie tot Oktober ’n groot brandgevaar kan inhou.
Baie min reën word verwag in die laatwinter en lente, terwyl koue fronte wat met sterk winde gepaard gaan, van Augustus tot Oktober kan voorkom.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.