’n Sussie en boetie, Beané (links) en DJ du Plessis, het onderskeidelik eerste en tweede in die junior afdeling vir vleisbeeshanteerders op die jeugskou op Vryburg gekom. Hulle het met Brahman-beeste geskou.
Beané is ’n leerder aan die Hoërskool Stella en DJ is in die Laerskool Stella. Hul ouers is mnr. Weyers en me. Nadia du Plessis wat by Stella boer.
Die Vryburgskou het vanjaar hervat nadat dit tydens die afgelope twee jaar se covid-19-pandemie moes halt roep. ’n Groot aantal Brahman-, SA Boerbok-, Kalahari Red- en Ile de France-telers het hul diere vertoon.